Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy hierdie jaar se nommers van Die Wagtoring goed deurgelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Watter voorbeeld stel Jehovah wanneer dit kom by hoe om vrouens te behandel?

Hy behandel hulle onpartydig, en hy verkies nie mans bo vrouens nie. God luister na vrouens, en hy stel belang in hulle gevoelens en bekommernisse. En hy vertrou hulle om sy werk uit te voer. – w24.01, bl. 15-16.

Hoe kan ons Efesiërs 5:7 toepas, wat sê: “Moet . . . nie doen wat hulle doen nie”?

Die apostel Paulus het ons gewaarsku om nie met mense te assosieer wat dit vir ons moeilik maak om by God se standaarde te bly nie. Sulke assosiasie sluit dié in met wie ons tyd in persoon spandeer sowel as dié met wie ons op sosiale media te doen het. – w24.03, bl. 22-23.

Vir watter soort valse stories moet ons versigtig wees?

Ons moet versigtig wees wanneer dit kom by onbevestigde stories wat ons hoor by vriende wat goed bedoel, e-posse van mense wat ons nie ken nie en afvalliges wat maak asof hulle in die waarheid belangstel. – w24.04, bl. 12.

Wat weet ons en wat weet ons nie omtrent hoe Jehovah koning Salomo sal oordeel, sowel as dié wat in Sodom en Gomorra en in die Vloed gesterf het?

Ons weet nie vir seker dat Jehovah hulle tot ewige vernietiging gevonnis het nie. Maar ons weet dat hy al die feite het en baie genadig is. – w24.05, bl. 3-4.

Waarvan verseker die feit dat God “die Rots” is ons? (Deut. 32:4)

Jehovah kan ons skuilplek wees. Hy is betroubaar en hou altyd sy beloftes. En hy is stabiel, sy persoonlikheid en sy doel vir die mens verander nie. – w24.06, bl. 26-28.

Wat kan jou help om by ’n nuwe gemeente aan te pas?

Vertrou op Jehovah, wat jou sal help soos hy sy knegte in die verlede gehelp het. Moenie jou vorige gemeente met jou nuwe gemeente vergelyk nie. Raak betrokke by die nuwe gemeente en probeer nuwe vriende maak. – w24.07, bl. 26-28.

Watter lesse leer ons uit die drie illustrasies in Matteus hoofstuk 25?

Die illustrasie van die skape en die bokke beklemtoon dat ons getrou en lojaal moet wees. Die illustrasie van die verstandige en die onverstandige maagde leer ons om gereed en waaksaam te wees. En die illustrasie van die talente beklemtoon hoe belangrik dit is om hardwerkend en ywerig te wees. – w24.09, bl. 20-24.

Hoe hoog was die portaal van Salomo se tempel?

Party eertydse manuskripte sê in 2 Kronieke 3:4 dat dit “120 el” hoog was, wat sou beteken dat die portaal 53 meter hoog was. Maar ander gesaghebbende tekste sê “20 el”, wat sou beteken dat dit 9 meter hoog was. Dit lyk asof die laasgenoemde ooreenstem met die dikte van die tempelmure. –w24.10, bl. 31.

Wat beteken dit vir ’n bedieningskneg om ‘’n man van een vrou’ te wees? (1 Tim. 3:12)

Dit beteken dat hy net met een vrou getroud is en nie seksuele onsedelikheid moet pleeg nie. En hy moenie ongepaste aandag aan ander vrouens gee nie. – w24.11, bl. 19.

Hoekom kan ons sê dat Johannes 6:53 nie ’n patroon vir die Here se Aandmaal was nie?

Johannes 6:53 sê dat Jesus se vlees geëet en sy bloed gedrink moet word. Jesus het hierdie woorde in 32 HJ, in Galilea, vir Jode gesê wat nog geloof in hom moes stel. Maar die Here se Aandmaal is ’n jaar later in Jerusalem ingestel. Jesus het daar met dié gepraat wat saam met hom in die hemel sou regeer. – w24.12, bl. 10-11.