Wees lojaal aan Jehovah
“Mag Jehovah tot onbepaalde tyd tussen my en jou en tussen my nageslag en jou nageslag wees.”—1 SAMUEL 20:42.
LIEDERE: 125, 62
1, 2. Waarom is Jonatan se vriendskap met Dawid ’n merkwaardige voorbeeld van lojaliteit?
JONATAN was ongetwyfeld verbaas oor hoe moedig die jong Dawid was. Dawid het die reus Goliat doodgemaak en “die kop van die Filistyn” gebring na Jonatan se vader, koning Saul van Israel (1 Samuel 17:57). Jonatan was daarvan oortuig dat God met Dawid was, en van toe af was Jonatan en Dawid hegte vriende. Hulle het mekaar belowe dat hulle altyd lojaal aan mekaar sal wees (1 Samuel 18:1-3). Jonatan was vir die res van sy lewe lojaal aan Dawid.
2 Jonatan het lojaal aan Dawid gebly, hoewel Jehovah Dawid, en nie Jonatan nie, gekies het om die volgende koning van Israel te wees. En toe Saul Dawid probeer doodmaak het, was Jonatan bekommerd oor sy vriend. Hy het geweet dat Dawid in die wildernis by Hores is, en daarom het Jonatan daarheen gegaan om hom aan te moedig om op Jehovah te bly vertrou. Jonatan het vir Dawid gesê: “Moenie bang wees nie; want die hand van my vader Saul sal jou nie vind nie, en jy sal koning oor Israel wees, en ek 1 Samuel 23:16, 17.
sal tweede onder jou wees.”—3. Wat was vir Jonatan belangriker as lojaliteit aan Dawid, en hoe weet ons dit? (Sien prent aan begin van artikel.)
3 Gewoonlik bewonder ons mense wat lojaal is. Maar bewonder ons Jonatan net vir sy lojaliteit aan Dawid? Nee. Lojaliteit aan God was vir Jonatan van die allergrootste belang. Dit was juis die rede waarom hy lojaal aan Dawid was en nie jaloers op hom was nie, al sou Dawid koning word, en nie hy nie. Jonatan het Dawid selfs gehelp om op Jehovah te vertrou. Albei manne het lojaal aan Jehovah en aan mekaar gebly. Hulle het hulle belofte gehou: “Mag Jehovah tot onbepaalde tyd tussen my en jou en tussen my nageslag en jou nageslag wees.”—1 Samuel 20:42.
4. (a) Wat sal ons waarlik gelukkig maak en gemoedsrus gee? (b) Wat sal ons in hierdie artikel bespreek?
4 Ons moet ook lojaal wees aan ons gesin, ons vriende en ons broers en susters in die gemeente (1 Tessalonisense 2:10, 11). Maar ons moet bowenal lojaal wees aan Jehovah. Hy is die Een wat ons lewe gegee het! (Openbaring 4:11). Wanneer ons lojaal aan hom is, is ons waarlik gelukkig en het ons gemoedsrus. Maar ons weet dat ons selfs in moeilike tye lojaal aan God moet wees. In hierdie artikel sal ons bespreek hoe Jonatan se voorbeeld ons kan help om in vier situasies lojaal aan Jehovah te bly: (1) wanneer ons meen dat iemand in ’n gesagsposisie nie ons respek verdien nie, (2) wanneer ons moet kies aan wie ons lojaal sal wees, (3) wanneer ’n broer wat die leiding neem, ons verkeerd verstaan of ons onregverdig behandel en (4) wanneer ons dink dat dit moeilik is om ’n belofte te hou.
WANNEER ONS MEEN DAT IEMAND IN ’N GESAGSPOSISIE NIE ONS RESPEK VERDIEN NIE
5. Waarom was dit vir die volk Israel moeilik om lojaal aan God te wees terwyl Saul koning was?
5 Jonatan en die volk Israel was in ’n moeilike situasie. Koning Saul, Jonatan se vader, het ongehoorsaam geword, en Jehovah het hom verwerp (1 Samuel 15:17-23). Nogtans het God Saul toegelaat om nog jare lank te regeer. Dit was dus vir die volk moeilik om lojaal aan God te wees terwyl die koning wat gekies is om op “Jehovah se troon” te sit, baie slegte dinge gedoen het.—1 Kronieke 29:23.
6. Wat toon dat Jonatan lojaal aan Jehovah gebly het?
6 Jonatan het lojaal aan Jehovah gebly. Dink aan wat Jonatan gedoen het kort nadat Saul ongehoorsaam aan God geword het (1 Samuel 13:13, 14). Op daardie stadium het ’n groot leër van die Filistyne met 30 000 strydwaens gekom om Israel aan te val. Saul het net 600 soldate gehad, en net hy en Jonatan het wapens gehad. Maar Jonatan was nie bang nie. Hy het die woorde van die profeet Samuel onthou: “Jehovah sal sy volk ter wille van sy groot naam nie verstoot nie” (1 Samuel 12:22). Jonatan het vir ’n ander soldaat gesê: “Daar is geen hindernis vir Jehovah om deur baie of deur min te red nie.” Hy en die ander soldaat het toe ’n groep Filistyne aangeval en omtrent 20 van hulle doodgemaak. Jonatan het geloof in Jehovah gehad, en Jehovah het hom geseën. Jehovah het ’n aardbewing laat plaasvind, en die Filistyne het bang geword. Toe het hulle mekaar aangeval en mekaar doodgemaak, en die Israeliete het die geveg gewen.—1 Samuel 13:5, 15, 22; 14:1, 2, 6, 14, 15, 20.
7. Hoe het Jonatan sy vader behandel?
7 Al het Saul ongehoorsaam aan Jehovah gebly, het Jonatan sy vader nog steeds gehoorsaam wanneer hy kon. Hulle het byvoorbeeld saam geveg om Jehovah se volk te verdedig.—1 Samuel 31:1, 2.
8, 9. Waarom is ons lojaal aan God as ons diegene in gesagsposisies respekteer?
8 Soos Jonatan, kan ons lojaal wees aan Jehovah deur gehoorsaam te wees aan die wette van die regering, solank dit nie in stryd is met God se wet nie. Jehovah laat hierdie “hoër owerhede” toe om gesag oor ons uit te oefen, en hy vereis dat ons hulle respekteer. (Lees Romeine 13:1, 2.) Daarom moet ons ’n staatsamptenaar met respek behandel selfs wanneer hy nie eerlik is nie en ons meen dat hy nie ons respek verdien nie. Trouens, ons moet almal respekteer aan wie Jehovah gesag gegee het.—1 Korintiërs 11:3; Hebreërs 13:17.
9 Olga, ’n suster in Suid-Amerika, het getoon dat sy aan Jehovah lojaal is deur haar man te respekteer, hoewel hy haar [1] (Sien eindnota.) Hy het soms geweier om met haar te praat of het lelike dinge vir haar gesê omdat sy een van Jehovah se Getuies is. Hy het selfs vir haar gesê dat hy haar gaan verlaat en die kinders sal saamneem. Maar Olga het nie “kwaad vir kwaad vergeld” nie. Sy het haar bes gedoen om ’n goeie vrou te wees. Sy het vir hom kos gemaak, sy klere gewas en na van sy familielede omgesien (Romeine 12:17). En wanneer sy kon, het sy saam met hom vir sy familie en vriende gaan kuier. Toe hy byvoorbeeld vir sy pa se begrafnis na ’n ander stad wou gaan, het sy alles voorberei wat hulle vir die reis nodig gehad het. By die begrafnis het sy buite die kerk vir hom gewag. Ná baie jare het Olga se man haar beter begin behandel omdat sy so geduldig was en altyd respekvol teenoor hom was. Nou spoor hy haar aan om vergaderinge by te woon en neem hy haar daarheen. Soms woon hy selfs ’n vergadering by.—1 Petrus 3:1.
sleg behandel het.WANNEER ONS MOET BESLUIT AAN WIE ONS LOJAAL SAL WEES
10. Hoe het Jonatan geweet aan wie hy lojaal moet wees?
10 Toe Saul gesê het dat hy Dawid gaan doodmaak, moes Jonatan ’n moeilike besluit neem. Hy wou lojaal aan sy vader wees, maar hy wou ook lojaal aan Dawid wees. Jonatan het geweet dat God met Dawid is, en nie met Saul nie, en daarom het hy besluit om aan Dawid lojaal te wees. Hy het vir Dawid gesê om weg te kruip en het toe vir Saul gesê waarom hy Dawid se lewe moet spaar.—Lees 1 Samuel 19:1-6.
11, 12. Hoe help liefde vir God ons om te besluit om lojaal aan hom te wees?
11 Alice, ’n suster van Australië, moes besluit aan wie sy lojaal sou wees. Terwyl sy die Bybel gestudeer het, het sy haar familie vertel van die dinge wat sy geleer het. Sy het ook vir hulle verduidelik waarom sy nie meer Kersfees saam met hulle sou vier nie. Haar familielede was eers net teleurgesteld, maar later het hulle baie kwaad geword. Hulle het gevoel dat Alice nie meer vir hulle omgee nie. Toe het Alice se ma gesê dat sy haar nooit weer wil sien nie. Alice het gesê: “Ek was geskok en diep seergemaak, want ek is baie lief vir my familie. Ek het nietemin besluit dat Jehovah en sy Seun die eerste plek in my hart sal hê, en ek is by die volgende byeenkoms gedoop.”—Matteus 10:37.
12 Ons moenie toelaat dat lojaliteit aan ’n sportspan, ’n skool of ’n land, of enigiets anders, vir ons belangriker word as ons lojaliteit aan Jehovah nie. Henry het dit byvoorbeeld geniet om skaak saam met sy skoolspan te speel en wou ’n kampioenskap vir sy skool wen. Maar omdat hy elke naweek skaak gespeel het, het hy nie genoeg tyd vir die bediening of die vergaderinge gehad nie. Henry het gesê dat lojaliteit aan sy skool vir hom belangriker geword het as lojaliteit aan God. Hy het dus besluit om nie meer skaak vir sy skool te speel nie.—Matteus 6:33.
13. Hoe kan lojaliteit aan God ons help om gesinsprobleme die hoof te bied?
13 Soms kan dit moeilik wees om tegelykertyd aan verskillende lede van ons gesin of familie lojaal te wees. Ken Genesis 2:24; 1 Korintiërs 13:4, 5.
sê byvoorbeeld: “Ek wou my bejaarde moeder gereeld besoek en wou hê dat sy nou en dan by ons moet kom bly. Maar sy en my vrou het nie goed oor die weg gekom nie.” Hy sê verder: “Ek kon nie die een tevrede stel sonder dat die ander een ontevrede voel nie.” Ken het gedink aan wat die Bybel sê en het besef dat hy in hierdie situasie sy vrou tevrede moet stel en lojaal aan haar moet wees. Hy het toe ’n oplossing gevind waarmee sy vrou gelukkig was. Daarna het hy vir haar verduidelik waarom sy sy ma op ’n liefdevolle wyse moet behandel. Hy het ook vir sy ma verduidelik waarom sy sy vrou moet respekteer.—LeesWANNEER ’N BROER ONS VERKEERD VERSTAAN OF ONREGVERDIG BEHANDEL
14. Hoe het Saul Jonatan onregverdig behandel?
14 Ons kan ook lojaal aan Jehovah wees as ’n broer wat die leiding neem, ons onregverdig behandel. Koning Saul is deur God aangestel, maar hy het sy eie seun sleg behandel. Hy het nie verstaan waarom Jonatan Dawid liefgehad het nie. Toe Jonatan Dawid probeer help het, het Saul dus baie kwaad geword en sy seun voor baie mense verneder. Maar Jonatan het nog steeds respek getoon vir sy vader. Hy het ook lojaal gebly aan Jehovah en aan Dawid, wat deur God gekies is om die volgende koning van Israel te wees.—1 Samuel 20:30-41.
15. Hoe moet ons reageer as ’n broer ons onregverdig behandel?
1 Samuel 1:13-17). As ons ooit verkeerd geoordeel of verkeerd verstaan word, moet ons lojaal aan Jehovah bly.
15 Vandag probeer die broers wat die leiding in die gemeente neem om almal regverdig te behandel. Maar hierdie broers is onvolmaak. Daarom sal hulle dalk nie verstaan waarom ons iets gedoen het nie (WANNEER DIT BAIE MOEILIK IS OM ’N BELOFTE TE HOU
16. In watter situasies moet ons lojaal aan God wees en nie selfsugtig wees nie?
16 Saul wou hê dat Jonatan, en nie Dawid nie, die volgende koning moet word (1 Samuel 20:31). Maar Jonatan was lief vir Jehovah en was lojaal aan hom. Jonatan was nie selfsugtig nie. Hy het Dawid se vriend geword en sy belofte aan hom gehou. Trouens, enigiemand wat lief is vir Jehovah en lojaal aan hom is, sal by sy woord bly, al is dit tot sy skade (Psalm 15:4). Omdat ons lojaal aan God is, sal ons ons beloftes hou. As ons byvoorbeeld ’n sakeooreenkoms aangaan, sal ons die ooreenkoms nakom, al word dit moeilik om dit te doen. En as ons huweliksprobleme het, sal ons ons liefde vir Jehovah toon deur lojaal aan ons huweliksmaat te bly.—Lees Maleagi 2:13-16.
17. Hoe het hierdie studie jou gehelp?
17 Ons wil selfs in moeilike situasies lojaal aan God wees, soos Jonatan. Laat ons dus lojaal bly aan ons broers en susters wanneer hulle ons teleurstel. Dan sal ons Jehovah se hart bly maak, en dit is wat ons die grootste geluk verskaf (Spreuke 27:11). Ons kan seker wees dat hy altyd sal doen wat tot ons beswil is en dat hy vir ons omgee. In die volgende artikel sal ons sien wat ons kan leer uit die voorbeeld van mense wat in Dawid se tyd lojaal was en ander wat nie lojaal was nie.
^ [1] (paragraaf 9) Van die name is verander.