Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Alles net as gevolg van ’n glimlag!

Alles net as gevolg van ’n glimlag!

TWEE jong vrouens het saam in die stad Baguio in die Filippyne geloop. Hulle het ’n lektuurtrollie gesien, maar hulle het nie nader gestap nie. Helen, die suster wat langs die trollie gestaan het, het breed vir hulle geglimlag. Die vrouens het net verbygeloop, maar Helen se vriendelike glimlag het hulle beïndruk.

Later, toe die vrouens met die bus op pad huis toe was, het hulle ’n groot jw.org-teken op ’n Koninkryksaal gesien. Hulle het onthou dat dit dieselfde letters was wat hulle vroeër op die lektuurtrollie gesien het. Hulle het van die bus afgeklim en na die Koninkryksaal toe gegaan. Daar het hulle op die hek van die Koninkryksaal ’n bordjie gesien met die verskillende vergaderingtye.

Die twee vrouens het besluit om een van die vergaderinge by te woon. En wie het hulle gesien toe hulle by die Koninkryksaal instap? Helen! Hulle het haar onmiddellik herken as die persoon met die groot glimlag. Helen sê: “Toe hulle na my aangestap kom, het ek ’n bietjie senuweeagtig gevoel. Ek het gedink dat ek dalk iets verkeerds gedoen het.” Maar die vrouens het vir Helen verduidelik wat gebeur het.

Die jong vrouens het die vergadering geniet en het gemaklik gevoel by die broers en susters. Toe hulle sien dat ander die saal ná die vergadering skoonmaak, het hulle gevra of hulle kon help. Een van die vrouens bly nie meer in die Filippyne nie. Maar die ander een het begin om die vergaderinge by te woon en om die Bybel te studeer – alles net as gevolg van ’n glimlag!