Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Het jy geweet?

Het jy geweet?

Was die beginsels in die Wet van Moses gebruik om alledaagse regsgeskille in eertydse Israel op te los?

JA, IN sekere gevalle. Kom ons kyk na ’n voorbeeld. Deuteronomium 24:14, 15 sê: “Jy mag ’n loonarbeider wat in die moeilikheid en arm is, nie te kort doen nie, of hy nou uit jou broers of uit jou inwonende vreemdelinge is wat in jou land in jou poorte is . . . sodat hy nie teen jou tot Jehovah roep en dit vir jou sonde word nie.”

Die potskerf waarop die plaaswerker se eis geskryf is

’n Dokument wat so ’n saak bevat, is naby Asdod gevind. Dit was in die sewende eeu VHJ neergeskryf. Hierdie dokument, wat op ’n potskerf geskryf is, was namens ’n plaaswerker geskryf wat moontlik nie sy kwota graan ingesamel het nie. Dit sê: “Nadat u dienskneg [die eiser] ’n paar dae terug die oes gestoor het, het Hosjajahoe, seun van Sjobei, gekom en u dienskneg se kleed gevat. . . . Almal wat saam met my in die warm son gewerk het, sal getuig . . . dat wat ek sê, waar is. Ek is onskuldig. . . . As die goewerneur dink dat dit nie sy plig is om u dienskneg se kleed terug te kry nie, doen dit dan omdat u vir hom jammer voel! U moenie stilbly terwyl u dienskneg sonder sy kleed sit nie.”

Volgens die geskiedkundige Simon Schama, vertel hierdie pleit ons nie net van die werker se desperaatheid om sy kledingstuk terug te kry nie. Volgens hom het die eiser blykbaar iets geweet van die Bybelse wette, veral oor die wette in Levitikus en Deuteronomium wat sê dat jy die armes nie sleg mag behandel nie.