Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kenneth E. Cook jr. en sy vrou, Jamie

’n Nuwe lid van die Bestuursliggaam

’n Nuwe lid van die Bestuursliggaam

OP DIE oggend van Woensdag 24 Januarie 2018 was die Bethelgesinne in die Verenigde State en Kanada baie bly om die volgende spesiale aankondiging te hoor: Broer Kenneth Cook jr. is aangestel as ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies.

Broer Cook is gebore en het grootgeword in Pennsilvanië, VSA. Hy het die waarheid by ’n klasmaat geleer kort voordat hy hoërskool klaargemaak het en is op 7 Junie 1980 gedoop. Hy het op 1 September 1982 met sy voltydse diens begin as ’n gewone pionier. Nadat hy twee jaar lank gepionier het, is hy genooi om by Bethel te dien. Op 12 Oktober 1984 het hy sy Betheldiens by Wallkill, New York, begin.

Vir die volgende 25 jaar het broer Cook in verskeie toewysings gedien in beide die drukkery en die Bethelkantoor. Hy het in 1996 met sy vrou, Jamie, getrou, en sy het saam met hom by Bethel in Wallkill begin dien. In Desember 2009 is broer en suster Cook na die Wagtoring-onderrigsentrum in Patterson, New York, gestuur, waar broer Cook gevra is om in die Skryfafdeling se Korrespondensiekantoor te werk. Nadat broer en suster Cook weer by Wallkill was, is hulle in April 2016 na Brooklyn, New York, gestuur. Vyf maande later het hulle na die wêreldhoofkwartier in Warwick, New York, getrek. In Januarie 2017 is broer Cook aangestel om as ’n helper van die Skryfkomitee van die Bestuursliggaam te dien.