Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Studiewenk

Studiewenk

Geniet jy dit om die lewensverhale van ons broers en susters te lees?

’n Paartjie wat elke oggend ’n lewensverhaal lees, sê: “Ons geniet dit baie om hierdie artikels te lees, en dit het ons baie aangemoedig! Dit herinner ons daaraan dat ons ook onder alle omstandighede getrou kan wees.” ’n Suster wat dieselfde voel, het geskryf: “Hierdie lewensverhale is vertroostend en raak jou hart. Die lewens van ons broers en susters is betekenisvol en het ’n doel. Hulle verhale motiveer my om meer in die bediening te doen, en dit help my om my kinders aan te moedig om Jehovah voltyds te dien.”

Lewensverhale kan jou motiveer om te probeer om meer in Jehovah se diens te doen, om swakhede te oorkom en om moeilike tye met vreugde en waardigheid te verduur. Waar kan jy hierdie verhale kry?

  • Kyk deur die reeks “Lewensverhale van Jehovah se Getuies” op jw.org of in JW Library®.

  • Soek “Lewensverhale van Jehovah se Getuies” in die Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK of die Watchtower Library.