Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIEWENK

Teken prentjies om jou te help onthou

Teken prentjies om jou te help onthou

Dalk, soos baie van ons, sukkel jy om te onthou wat jy studeer. Maar het jy opgelet dat Jesus se illustrasies maklik is om te onthou? Jy kan jou verbeelding gebruik om dit te visualiseer, en dit help jou om dit te onthou. Net so kan jy meer onthou van wat jy studeer deur dit te visualiseer. Hoe kan jy dit doen? Deur prentjies te teken terwyl jy leer.

Mense wat prentjies teken van nuwe dinge wat hulle geleer het, onthou dit dikwels beter. Hulle vind dat hierdie metode nie net met individuele woorde werk nie, maar ook met abstrakte idees en konsepte. Hulle prentjies is nie kunswerke nie – net eenvoudige, vinnige tekeninge. En daar is bewyse dat ouer mense veral by hierdie tegniek kan baat vind.

Die volgende keer dat jy studeer, kan jy probeer om ’n paar prentjies te teken van wat jy geleer het. Jy sal dalk verbaas wees oor hoeveel jy kan onthou!