Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoe om jou studie van die Bybel prakties te maak en dit meer te geniet

Hoe om jou studie van die Bybel prakties te maak en dit meer te geniet

JOSUA staan voor ’n groot uitdaging. Hy moet die nasie Israel in die Beloofde Land inlei, en dit gaan nie maklik wees nie. Maar Jehovah verseker hom dat hy suksesvol sal wees en moedig hom aan deur te sê: ‘Wees moedig en sterk. Gehoorsaam my Wet. Lees dit dag en nag, sodat jy alles kan doen wat daarin geskrywe staan. Dan sal jy suksesvol wees en verstandig optree.’ — Jos. 1:7, 8.

Ons kom dalk ook voor groot uitdagings te staan in hierdie “kritieke tye . . . wat moeilik is om deur te kom” (2 Tim. 3:1). Ons kan ook suksesvol wees deur die raad te volg wat Jehovah vir Josua gegee het. Ons kan die Bybel gereeld lees en die beginsels daarin toepas wanneer ons probleme ondervind.

Baie van ons sal dalk erken dat ons nie goeie studente is nie en dat ons dit nie geniet om te studeer nie. Maar dit is baie belangrik dat ons die Bybel studeer. In die venster “ Probeer die volgende” sal jy goeie wenke kry wat jou sal help om jou studie van die Bybel prakties te maak en dit meer te geniet.

Die psalmis het gesing: “Die bevele van Jehovah is reg; hulle maak die hart bly” (Ps. 19:8). Jy kan dit ook baie geniet om God se Woord te studeer. Terwyl jy dit doen, sal jy kosbare geestelike waarhede ontdek.

Al hoef jy nie soos Josua ’n hele nasie te lei nie, het jy ook probleme wat jy moet oorkom. Daarom moet jy, soos Josua, God se Woord studeer en toepas wat daarin geskryf is. Wanneer jy dit doen, sal jy ook suksesvol wees en verstandig optree.