DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Junie 2020

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 3-30 Augustus 2020.

“Laat u naam geheilig word”

Studieartikel 23: 3-9 Augustus 2020. Watter onderwerp is vir mense en vir engele belangrik? Hoekom is dit so belangrik, en hoe is ons daarby betrokke? Die antwoorde op hierdie vrae en ander vrae wat hiermee verband hou, sal ons help om ons verhouding met Jehovah te versterk.

“Verenig my hart om u naam te vrees”

Studieartikel 24: 10-16 Augustus 2020. In hierdie artikel gaan ons op ’n gedeelte van koning Dawid se gebed in Psalm 86:11, 12 fokus. Wat beteken dit om Jehovah se naam te vrees? Hoekom moet ons diep respek hê vir hierdie groot naam? En hoe kan die vrees vir God ons beskerm wanneer ons iets verkeerds wil doen?

Vrae van lesers

Is die eienskappe wat in Galasiërs 5:22, 23 genoem word, die enigste aspekte van “die vrug van die gees”?

“Ek sal self na my skape soek”

Studieartikel 25: 17-23 Augustus 2020. Hoekom dryf party wat Jehovah al jare lank getrou gedien het, van die gemeente af weg? Hoe voel God oor hulle? Hierdie artikel sal hierdie vrae beantwoord. Dit bespreek ook wat ons kan leer uit die manier waarop Jehovah party in Bybeltye gehelp het wat vir ’n kort tydjie van hom af weggedryf het.

“Keer terug na my”

Studieartikel 26: 24-30 Augustus 2020. Jehovah wil hê dat persone wat nie meer met die gemeente assosieer nie, na hom toe moet terugkeer. Ons kan baie doen om persone aan te moedig wat Jehovah se uitnodiging wil aanvaar: “Keer terug na my.” In hierdie artikel gaan ons bespreek hoe ons hulle kan help om dit te doen.