Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Bykomende artikels in Die Wagtoring

Bykomende artikels in Die Wagtoring

Baie verkondigers gebruik JW Library® om vir vergaderinge voor te berei, en hulle waardeer hoe maklik jy individuele Wagtoring-studieartikels kan kry. Maar die studie-uitgawe van Die Wagtoring bevat baie keer bykomende artikels wat geestelike kos bevat. Hoe kan jy hierdie artikels kry en daarby baat vind deur JW Library te gebruik?

  • Aan die einde van elke Wagtoring-studieartikel is daar ’n onderhofie “Ekstra leesmateriaal”. Tik op die skakel “Ander artikels in hierdie uitgawe” onder daardie onderhofie. Hersien die inhoudsopgawe, waar jy die titel en die nommer van elke studieartikel kan sien. Tik op die titel van ’n bykomende artikel wat jy graag wil lees.

  • Tik op die “Home”-knoppie van JW Library en gaan na die deel “What’s New” om elke nuwe uitgawe van Die Wagtoring af te laai wanneer dit verskyn. Maak die afgelaaide tydskrif oop en kyk deur die inhoudsopgawe om seker te maak dat jy baat vind by al die artikels.