Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

BYBELUITDRUKKING

Besit jy geloof?

Besit jy geloof?

Ons moet geloof hê om Jehovah gelukkig te maak. Maar die Bybel sê dat “geloof . . . nie iets [is] wat alle mense besit nie” (2 Tess. 3:2). Die apostel Paulus het gepraat van sy vervolgers, “slegte en goddelose mense”, van wie hy gered moes word. Maar hierdie kommentaar oor geloof het ’n groter toepassing. Party mense kies om duidelike bewyse dat daar ’n Skepper – God – is, te ignoreer (Rom. 1:20). Ander sê dalk dat hulle in iets of iemand glo wat kragtiger is. Maar daardie oortuiging alleen is nie die geloof wat nodig is om Jehovah gelukkig te maak nie.

Ons moet daarvan oortuig wees dat Jehovah bestaan en dat hy “die beloner” is van dié wat vaste geloof het (Heb. 11:6). Geloof is ’n aspek van die vrug van sy heilige gees. Om tot Jehovah te bid, kan ’n persoon help om heilige gees te ontvang (Luk. 11:​9, 10, 13). ’n Belangrike manier om daardie gees te ontvang, is deur God se geïnspireerde Woord te lees. Dan kan ons dink oor wat ons lees en probeer toepas wat ons leer. Jehovah se gees kan dan ons lewe beïnvloed en ons help om die geloof te hê wat hom gelukkig maak.