Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

BYBELUITDRUKKING

Vergifnis voor die losprys

Vergifnis voor die losprys

Ons kan vergewe word vir ons sondes net deur middel van die losprysoffer wat Jesus met sy bloed betaal het (Ef. 1:7). Maar die Bybel sê: “[God] was verdraagsaam en het die sondes vergewe wat in die verlede gepleeg is”, dit wil sê voordat Jesus die losprys voorsien het (Rom. 3:​25, vtn.). Hoe kon Jehovah dit doen en nog steeds sy volmaakte standaard van geregtigheid behou?

Vir Jehovah was dit asof die losprys alreeds betaal is van die oomblik dat hy ’n “nageslag” voorsien het wat dié sou red wat geloof in Hom en sy beloftes sou hê (Gen. 3:15; 22:18). God was heeltemal seker dat op sy vasgestelde tyd sy eniggebore Seun bereid sou wees om die losprys te voorsien (Gal. 4:4; Heb. 10:​7-10). Terwyl Jesus op die aarde was, het Jehovah hom die gesag gegee om sondes te vergewe voordat die losprys voorsien was. Jesus kon die sondes vergewe van dié wat geloof gehad het omdat hy geweet het dat die offerande wat hy sou voorsien hulle sondes sou dek. – Matt. 9:​2-6.