Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Konings wat met mekaar kompeteer in die tyd van die einde

Konings wat met mekaar kompeteer in die tyd van die einde

Konings wat met mekaar kompeteer in die tyd van die einde Party van die profesieë wat in hierdie tabel genoem word, beskryf dinge wat op dieselfde tyd gebeur. Al hierdie profesieë bewys dat ons in “die tyd van die einde” lewe. – Dan. 12:4.

  • Teks(te) Op. 11:7; 12:13, 17; 13:1-8, 12

    Profesie “Die wilde dier” heers al vir meer as 3 000 jaar oor mense op die aarde. In die tyd van die einde word sy sewende kop gewond. Later word sy kop gesond en “die hele aarde” volg die dier. Satan gebruik hierdie dier om “oorlog te voer teen die oorblywendes”.

    Vervulling Ná die Vloed het regerings wat vyande van Jehovah is, oor mense begin regeer. Meer as 3 000 jaar later het een van hierdie magtige regerings, Brittanje, baie van sy mag gedurende die Eerste Wêreldoorlog verloor. Brittanje het weer sterk geword toe die Verenigde State saam met hulle begin werk het. Gedurende die tyd van die einde gebruik Satan alle regerings op die aarde om God se volk te vervolg.

  • Teks(te) Dan. 11:25-45

    Profesie Die koning van die noorde en die koning van die suide kompeteer met mekaar in die tyd van die einde.

    Vervulling Duitsland veg teen Brittanje en die Verenigde State. In 1945 het die Sowjetunie en die lande wat hom ondersteun, die koning van die noorde geword. In 1991 het die Sowjetunie geval, en later het Rusland en die lande wat hom ondersteun, die koning van die noorde geword.

  • Teks(te) Jes. 61:1; Mal. 3:1; Luk. 4:18

    Profesie Jehovah stuur sy “boodskapper” om ‘’n weg voor te berei’ voordat die Messiaanse Koninkryk opgerig word. Die “boodskapper” begin om “goeie nuus aan die nederiges te verkondig”.

    Vervulling Vanaf 1870 het C. T. Russell en sy vriende die Bybel ywerig gestudeer om uit te vind wat dit regtig leer. In 1881 het hulle besef dat dit baie belangrik is vir God se knegte om te preek. Hulle druk artikels soos “Benodig 1 000 predikers” en “Gesalf om te preek”.

  • Teks(te) Matt. 13:24-30, 36-43

    Profesie ’n Man saai koring in ’n veld. Dan kom ’n vyand en saai onkruid in daardie veld. Die onkruid groei saam met die koring, en dit veroorsaak dat die koring nie uitgeken kan word nie. Gedurende die oestyd word die onkruid van die koring geskei.

    Vervulling Vanaf 1870 het die verskil tussen ware en valse Christene al hoe duideliker geword. In die tyd van die einde word ware Christene bymekaargemaak en van valse Christene geskei.

  • Teks(te) Dan. 2:31-33, 41-43

    Profesie Die voete van yster en klei behoort aan ’n beeld wat van verskillende metale gemaak is.

    Vervulling Die klei verteenwoordig gewone mense waaroor Brittanje en die Verenigde State regeer en wat teen hierdie regerings rebelleer. As gevolg van hierdie mense kan hierdie regerings nie hulle volle mag gebruik nie.

  • Teks(te) Matt. 13:30; 24:14, 45; 28:19, 20

    Profesie “Die koring” word in die “voorraadskuur” bymekaargemaak en “die getroue en verstandige slaaf” word oor die “huisknegte” aangestel. Die “goeie nuus van die Koninkryk” word “oor die hele bewoonde aarde” verkondig.

    Vervulling In 1919 is die getroue slaaf oor God se volk aangestel. Van daardie tyd af preek die Bybelstudente al hoe meer. Vandag preek Jehovah se Getuies in meer as 200 lande en maak hulle Bybellektuur beskikbaar in meer as ’n 1 000 tale.

  • Teks(te) Dan. 12:11; Op. 13:11, 14, 15

    Profesie ’n Wilde dier met twee horings sê vir die mense op die aarde “om ’n beeld te maak van die wilde dier” en dit gee “asem aan die beeld”.

    Vervulling Brittanje en die Verenigde State het die Volkebond begin. Hierdie organisasie word deur ander nasies ondersteun. Van 1926 tot 1933 was die koning van die noorde ook deel van die Volkebond. Net soos met die Verenigde Nasies (VN) ná dit, gee die mense aan die Volkebond die eer wat net aan God se Koninkryk behoort.

  • Teks(te) Dan. 8:23, 24

    Profesie ’n Koning met ’n wrede voorkoms sal “verskriklike verwoesting aanrig”.

    Vervulling Brittanje en die Verenigde State het baie mense doodgemaak en het baie vernietiging veroorsaak. Byvoorbeeld, in die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde State twee atoombomme op ’n nasie gegooi wat vyande van Brittanje en die Verenigde State was. Hierdie wapen het meer vernietiging veroorsaak as enige ander wapen voor dit.

  • Teks(te) Dan. 11:31; Op. 17:3, 7-11

    Profesie Die “helderrooi” dier met tien horings kom uit die afgrond uit en is ’n agtste koning. Die boek Daniël verwys na hierdie koning as “die walglike ding wat verwoesting veroorsaak”.

    Vervulling In die Tweede Wêreldoorlog het die Volkebond onbedrywig geword. Ná die oorlog word die VN ‘opgerig’. Die VN, net soos die Volkebond voor dit, ontvang eer wat net aan God se Koninkryk behoort. Die VN sal godsdiens aanval.

  • Teks(te) 1 Tess. 5:3; Op. 17:16

    Profesie Die nasies verkondig “vrede en veiligheid” en “die tien horings” en “die wilde dier” val “die prostituut” aan en vernietig haar. Ná dit word die nasies vernietig.

    Vervulling Die nasies sal sê dat hulle vrede en veiligheid op die aarde gebring het. Daarna sal die nasies wat die VN ondersteun, valse godsdiensorganisasies vernietig. Dit is die begin van die groot verdrukking. Hierdie verdrukking sal tot ’n einde kom wanneer Jesus die res van Satan se wêreld by Armageddon vernietig.

  • Teks(te) Eseg. 38:11, 14-17; Matt. 24:31

    Profesie Gog val die land van God se volk binne. Dan maak die engele ‘dié wat uitgekies is,’ bymekaar.

    Vervulling Die koning van die noorde, saam met die res van die wêreld se regerings, val God se volk aan. Die een of ander tyd ná die begin van hierdie aanval, sal die res van die gesalfdes hemel toe geneem word.

  • Teks(te) Eseg. 38:18-23; Dan. 2:34, 35, 44, 45; Op. 6:2; 16:14, 16; 17:14; 19:20

    Profesie ‘Die een wat op ’n wit perd sit,’ voltooi sy oorwinning deur Gog en sy leërmag te vernietig. “Die wilde dier” word “in die poel van vuur gegooi”, en ’n klip vernietig die groot beeld.

    Vervulling Jesus, die heersende koning van God se Koninkryk, red God se volk. Jesus, die 144 000 en die engele sal al die nasies wat God se volk aanval, vernietig. Dit sal die einde van Satan se wêreld wees.