Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Woord wat baie beteken het!

’n Woord wat baie beteken het!

“VROU.” Dit is hoe Jesus vroue soms aangespreek het. Toe hy byvoorbeeld ’n vrou gesond gemaak het wat 18 jaar lank krom getrek was, het hy gesê: “Vrou, jy is van jou swakheid bevry” (Luk. 13:10-13). Hierdie aanspreekvorm is in Bybeltye as beleefd beskou. Jesus het dit selfs gebruik toe hy met sy moeder gepraat het (Joh. 19:26; 20:13). Maar daar was ’n ander woord wat selfs meer betekenis gehad het.

Wanneer die Bybel na sekere vroue verwys, gebruik dit ’n woord wat besonder liefdevol en teer is. Jesus het dit gebruik toe hy met ’n vrou gepraat het wat meer as 12 jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Die manier waarop sy Jesus genader het, was streng gesproke nie in ooreenstemming met God se Wet nie. Die Wet het gesê dat ’n persoon in haar toestand onrein is. Daar kan dus geredeneer word dat sy haar van ander mense moes afsonder (Lev. 15:19-27). Maar sy was desperaat. Die Bybel sê: “Sy is baie pyn besorg deur talle geneeshere en het ál haar middele bestee en nie baat daarby gevind nie, maar eerder erger geword.”—Mark. 5:25, 26.

Die vrou het stilletjies deur die skare geloop, Jesus van agter genader en aan die fraiings van sy kleed geraak. Haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou! Die vrou het gehoop dat niemand haar sou raaksien nie, maar Jesus het gevra: “Wie het aan my geraak?” (Luk. 8:45-47). Toe het die vrou bang en bewend voor Jesus neergeval “en vir hom die hele waarheid vertel”.—Mark. 5:33.

Om die vrou gerus te stel, het Jesus liefdevol gesê: “Skep moed, dogter” (Matt. 9:22). Volgens Bybelgeleerdes kan die Hebreeuse en Griekse woorde vir “dogter” gebruik word om “liefde en teerheid” uit te druk. Jesus het haar toe verder gerusgestel deur te sê: “Jou geloof het jou gesond gemaak. Gaan in vrede, en wees van jou ernstige siekte genees.”—Mark. 5:34.

“Dogter.” Dit is die aanspreekvorm wat die ryk Israeliet Boas gebruik het toe hy met Rut, die Moabitiese vrou, gepraat het. Sy het ook rede gehad om onseker te voel omdat sy gars opgetel het op die land van ’n man wat sy nie geken het nie. “Jy het gehoor, nie waar nie, my dogter?” het Boas gevra. Toe het hy vir Rut gesê om aan te hou om gars op sy land op te tel. Rut het met haar gesig na die grond toe voor Boas neergebuig en gevra waarom hy so goedhartig teenoor haar, ’n uitlander, is. Boas het haar geantwoord deur haar verder gerus te stel: “Aan my is alles breedvoerig vertel wat jy . . . vir jou skoonmoeder [die weduwee Naomi] gedoen het . . . Mag Jehovah jou handelswyse beloon.”—Rut 2:8-12.

Jesus en Boas is uitstekende voorbeelde vir Christen- ouer manne! Soms besoek twee ouer manne ’n Christensuster wat hulp en aanmoediging uit die Bybel nodig het. Hulle vra Jehovah se leiding in gebed en luister aandagtig na wat die suster sê. Daarna kan die ouer manne haar met behulp van God se Woord gerusstel en vertroos.—Rom. 15:4.