DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE November 2018

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 31 Desember 2018 tot 3 Februarie 2019.

“Koop waarheid en moet dit nie verkoop nie”

Wat beteken dit om waarheid te koop? Nadat ons dit verkry het, wat kan ons doen om dit nie te verkoop nie?

“Ek sal in u waarheid wandel”

Hoe kan ons meer vasbeslote wees om vas te hou aan die kosbare waarheid wat Jehovah ons geleer het?

Vertrou op Jehovah en bly lewe!

Die boek Habakuk kan ons help om kalm te bly ten spyte van ons probleme.

Wie vorm jou denke?

Hoe kan jy deur Jehovah se denke gevorm word en nie deur mense s’n nie?

Is jy besig om Jehovah se denke jou eie te maak?

Wat beteken dit om ons “verstand te hervorm”, en hoe kan ons dit doen?

Goedhartigheid — ’n Eienskap wat deur woorde en dade gewys word

Goedhartigheid is ’n vrug van God se heilige gees. Hoe kan ons hierdie pragtige eienskap aankweek?

Vrae van lesers

Wie was die Weldoeners van wie Jesus die aand voor sy dood gepraat het, en hoekom is hulle so genoem?

Watter geskenk kan ons aan Jehovah gee?

Wat is die “waardevolle dinge” wat in Spreuke 3:⁠9 genoem word, en hoe kan ons dit gebruik om ware aanbidding te bevorder?