Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIEWENK

Skep ’n goeie omgewing

Skep ’n goeie omgewing

Wil jy graag meer uit jou persoonlike studie kry? Jy kan hierdie wenke probeer om ’n omgewing te skep waarin jy maklik kan leer:

  • Kies ’n goeie plek. Indien moontlik, vind ’n area wat netjies is en waar daar genoeg lig is. Jy kan by ’n lessenaar of ’n tafel sit, of jy kan ’n gemaklike plek buite kies.

  • Vind ’n plek waar jy privaat kan wees. Jesus het gekies om “vroeg die oggend” op “’n afgeleë plek” te bid (Mark. 1:35). As jy nie heeltemal privaat kan wees nie, kan jy jou familie of dié wat saam met jou bly, laat weet wat jou studierooster is en hulle vra om jou nie gedurende daardie tyd te pla nie.

  • Bly gefokus. Vermy afleidings. As jy jou foon of tablet gebruik om te studeer, stel dit op so ’n manier dat dit nie jou aandag sal onderbreek nie. En as jy aan iets dink wat jy moet doen, maak ’n kort nota daarvan om dit later te doen. As jy sukkel om te konsentreer, vat ’n breek om te gaan stap of om jou bene ’n bietjie te rek.