Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIEWENK

Hersien die hoofpunte

Hersien die hoofpunte

Het jy al ooit gesukkel om te onthou wat jy nou net gestudeer het? Dit gebeur van tyd tot tyd met ons almal. Wat kan help? Hersien die hoofpunte.

Terwyl jy studeer, stop elke nou en dan om te dink oor wat jy nou net geleer het. Dit is wat die apostel Paulus die broers en susters aangemoedig het om te doen terwyl hulle sy brief bestudeer het. Hy het geskryf: “Hier is dan nou die hoofpunt” (Heb. 8:1). Op hierdie manier het hy hulle gehelp om te verstaan wat hy bedoel en hoe elke punt met sy tema verband hou.

Dalk kan jy aan die einde van jou studieperiode tien minute opsy sit om na te dink oor die hoofpunte van wat jy gestudeer het. As jy dit nie kan onthou nie, kyk weer na die onderhofies of die eerste sin van elke paragraaf om jou te help onthou. As jy iets nuuts geleer het, probeer om dit in jou eie woorde te verduidelik. Wanneer jy die hoofpunte hersien, sal dit jou nie net help om dit te onthou nie, maar jy sal ook beter verstaan hoe jy die inligting in jou lewe kan toepas.