DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE September 2016

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 24 Oktober tot 27 November 2016.

“Laat jou hande nie slap word nie”

Hoe moedig Jehovah sy knegte aan en versterk hy hulle? Hoe kan jy dit ook doen?

Hou aan om te stry vir Jehovah se seën

God se volk kom voor baie struikelblokke te staan terwyl hulle sy goedkeuring probeer verkry. En tog kan hulle suksesvol wees!

Vrae van lesers

Wat is “die woord van God” wat volgens Hebreërs 4:12 ‘lewend is en krag uitoefen’?

Die goeie nuus word voor hoë amptenare verdedig

Ons kan leer uit die manier waarop Paulus die regstelsel van sy dag gebruik het.

Verheerlik jy God deur jou kleredrag?

Bybelbeginsels kan ons in dié opsig help.

Vind baat by die leiding wat Jehovah vandag gee

Getuies in Pole en in Fidji neem wyse besluite.

Jongmense, versterk julle geloof

Voel jy dat daar druk op jou geplaas word om eerder aan dinge soos evolusie as aan ’n Skepper te glo? Indien wel, is hierdie inligting vir jou bedoel.

Ouers, help julle kinders om geloof op te bou

Wonder jy soms of jy daarin sal slaag? Vier stappe kan jou help om suksesvol te wees.