Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Navorsingswenk

Navorsingswenk

Aktiwiteite vir kinders

Ouers het die belangrike verantwoordelikheid om hulle kinders van Jehovah te leer (Ef. 6:4). Om ouers te help, het Jehovah se organisasie ’n groot verskeidenheid inligting gepubliseer. Hoe kan jy dit gebruik om jou kinders op te lei?

  • Vind die inligting. JW.ORG bevat al die items wat vir jongmense gepubliseer is, insluitende video’s en werksblaaie. a Om dit te vind, tik “Kinders” of “Tieners” in die soekblokkie.

  • Kies gepaste items. Onder “Kinders” kan jy video’s, liedjies en aktiwiteite kies wat gepas is vir jou kind. Om dit te vind, soek “Projekte vir Gesinsaanbidding”.

  • Bly betrokke. Moenie ons video’s of gedrukte aktiwiteite net gebruik om jou kind besig te hou nie. Bespreek dit eerder met jou kind en help hom om aan sy vriendskap met Jehovah te werk.

a JW Library® bevat op die oomblik al die video’s vir jongmense maar net ’n beperkte hoeveelheid aktiwiteite.