Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIEWENK

Probeer om nuwe dinge te leer wanneer jy studeer

Probeer om nuwe dinge te leer wanneer jy studeer

Terwyl ons ons gereed kry om te studeer, kan ons ons afvra: ‘Wat verwag ek om te leer?’ Maar dit sal goed wees as ons nie toelaat dat ons verwagtinge ons blind maak vir wat Jehovah ons leer nie. Hoe kan ons luister na wat Jehovah ons probeer leer?

Bid vir wysheid. Vra Jehovah om jou te help om te verstaan wat hy wil hê jy nou moet leer (Jak 1:5). Moenie tevrede wees met net dit wat jy alreeds weet nie. – Spr 3:​5, 6

Respekteer die Bybel se unieke krag. “Die woord van God is lewend” (Heb 4:12). Elke keer dat ons die Bybel lees, kan God se lewende “woord” ons op ’n ander manier beïnvloed – maar net as ons bereid is om te leer of om daarby baat te vind terwyl ons lees.

Waardeer alles wat op Jehovah se tafel is. Sy geestelike kos is soos “’n feesmaal voorberei met heerlike geregte” (Jes 25:6). Vermy dit om “geregte” oor te slaan wat jy dink jy nie sal geniet nie. Jy sal nie net daarby baat vind nie, maar jy sal dit regtig geniet om te studeer.