Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Mite 1: Die siel is onsterflik

Mite 1: Die siel is onsterflik

Wat is die oorsprong van die mite?

“Die vroeë Christelike filosowe het die Griekse konsep van die onsterflikheid van die siel aangeneem en het die siel beskou as iets wat deur God geskep is en by bevrugting in die liggaam geplaas word.”—The New Encyclopædia Britannica (1988), Deel 11, bladsy 25.

Wat sê die Bybel?

“Die siel wat sondig, dié moet sterwe.”—Esegiël 18:4, Ou Afrikaanse Bybelvertaling.

Aangaande die skepping van die eerste mensesiel sê die Bybel: “Jehovah God het die mens uit stof van die aarde begin vorm en in sy neusgate die asem van die lewe geblaas, en die mens het ’n lewende siel [Hebreeus, ne′fesj] geword.”—Genesis 2:7.

Die Hebreeuse woord ne′fesj, wat met “siel” vertaal word, beteken ‘’n skepsel wat asemhaal’. Toe God die eerste mens, Adam, geskep het, het Hy nie ’n onsterflike siel in hom geplaas nie, maar die lewenskrag wat deur asemhaling onderhou word. In die Bybelse sin verwys “siel” dus na die hele lewende wese. Wanneer die lewenskrag wat oorspronklik deur God gegee is, weggeneem word, sterf die siel.—Genesis 3:19; Esegiël 18:20.

Die leerstelling van die onsterflikheid van die siel het vrae laat ontstaan: Waarheen gaan siele ná die dood? Wat gebeur met die siele van die goddeloses? Toe naamchristene die mite van die onsterflike siel aangeneem het, het dit daartoe gelei dat hulle nog ’n mite aanneem—die leerstelling van die helse vuur.

Vergelyk hierdie Bybelverse: Prediker 3:19; Matteus 10:28; Handelinge 3:23

FEIT:

By die dood hou ’n persoon op om te bestaan