Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Waar kan ons hulp vind om vandag se probleme die hoof te bied?

Waar kan ons hulp vind om vandag se probleme die hoof te bied?

Spesiale openbare toespraak

Waar kan ons hulp vind om vandag se probleme die hoof te bied?

In vandag se wêreld is daar geen tekort aan raad nie. Selfhelpboeke en -programme op TV is baie gewild. Maar basiese probleme duur voort. Jy wonder dalk: ‘Is daar ’n bron van raad wat ek werklik kan vertrou?’ Die antwoord is ja!

Al is die Bybel duisende jare oud, bevat dit tydlose beginsels wat antwoorde voorsien op vrae soos:

▪ Hoe kan ek geskille oplos en beter verhoudings met ander geniet?

▪ Hoe kan ek geluk vind?

▪ Hoe kan ek ekonomiese probleme die hoof bied?

▪ Hoe kan ek angstigheid verlig?

Die antwoorde op hierdie vrae sal bespreek word in die toespraak “Bybelbeginsels—Kan dit ons help om vandag se probleme die hoof te bied?” Hierdie Bybeltoespraak sal wêreldwyd in meer as 230 lande gehou word. Dit sal op die meeste plekke op Sondag 1 Mei 2011 by die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies aangebied word.

Die Getuies in jou omgewing sal met graagte vir jou sê wanneer en waar dit gehou gaan word. Jy word hartlik uitgenooi om dit by te woon.