Vermy skadelike assosiasie!
Vir jongmense
Vermy skadelike assosiasie!
Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die karakters. Leef jou in die verslag in.
Hoofkarakters: Dina, Sigem, Jakob, Simeon en Levi
Opsomming: Dina word deur Sigem verkrag, en haar woedende broers wil wraak neem.
1 ONTLEED DIE TONEEL.—LEES GENESIS 34:1-31.
Watter dinge dink jy het Dina saam met haar vriendinne in Kanaän gedoen?
․․․․․
Watter soort redenasies dink jy het Sigem gebruik toe hy “oorredend met [Dina] bly praat” het?
․․․․․
Watter emosies hoor jy in Jakob se stem wanneer hy Simeon en Levi in vers 30 berispe?
․․․․․
2 DELF DIEPER.
Waarom dink jy het Dina die dogters van Kanaän gereeld besoek? (Byvoorbeeld, wat het sy dalk met hulle in gemeen gehad? Wat het sy dalk by die mense van Kanaän gevind wat sy nie by die huis kon vind nie?)
․․․․․
Watter aantreklike eienskappe het Dina dalk in Sigem gesien? (Lees weer verse 3, 12 en 19.)
․․․․․
vers 2.)
Hoe toon die Bybel dat Dina nie vrywillig met Sigem seks gehad het nie? (Lees weer․․․․․
Dink jy dit was reg van Simeon en Levi om wraak te neem deur die inwoners van die stad Sigem dood te maak? Waarom, of waarom nie?
․․․․․
3 PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Die belangrikheid daarvan om jou vriende wyslik te kies.
․․․․․
Die belangrikheid van selfbeheersing, al het jy goeie rede om kwaad te wees.
․․․․․
VIR VERDERE TOEPASSING.
Watter stappe kan jy doen om te voorkom dat jy seksueel misbruik word deur mense wat geen respek vir God se sedelike standaarde het nie?
․․․․․
4 WAT OMTRENT HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?
․․․․․
As jy nie ’n Bybel het nie, kan jy Jehovah se getuies vir een vra of dit aanlyn lees by www.watchtower.org