Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Is daar iemand agter alle boosheid?

Is daar iemand agter alle boosheid?

Is daar iemand agter alle boosheid?

“EK HET die duiwel se hand geskud.” Dit is wat die bevelvoerder van die Verenigde Nasies se magte in Rwanda gesê het toe hy gepraat het van die feit dat hulle die volksmoord van 1994 in daardie land nie stopgesit het nie. Nog ’n waarnemer het die volgende gesê oor die ongelooflike barbaarsheid van daardie tyd: “As iemand nog steeds durf om die bestaan van Satan te ontken, moet hy saam met my na ’n massagraf in Rwanda kom.” Is die Duiwel werklik vir sulke gruweldade verantwoordelik?

Die meeste mense dink nie dat ’n onsigbare, bose geesskepsel vir sinlose geweld en wreedheid verantwoordelik is nie. Baie dink dat sulke dinge die gevolg is van die inherente boosheid van die mensenatuur en dat die hoofoorsaak van boosheid ons eie bose instinkte is. Ander teoretiseer dat ’n groep ryk en magtige mense, ’n soort geheime wêreldwye netwerk, mense al dekades lank manipuleer met die doel om oor die wêreld te heers. Dan is daar natuurlik diegene wat nasionale regerings en heersers blameer vir al die ongeregtigheid en lyding wat hulle sien.

Wat glo jy? Waarom is boosheid, wreedheid, gruweldade en lyding vandag wêreldwyd aan die orde van die dag ondanks pogings om dit aan bande te lê? Waarom is dit dat die mensdom blykbaar blindelings voortstrompel op ’n weg wat op selfvernietiging afstuur en nie ag slaan op herhaalde waarskuwings nie? Is daar iemand agter dit alles? Wie heers werklik oor die wêreld? Die antwoord sal jou dalk verbaas.