Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Valslik beskuldig!

Valslik beskuldig!

Vir jongmense

Valslik beskuldig!

JOSEF—DEEL 2

Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die hoofkarakters. Leef jou in die verslag in.

Hoofkarakters: Josef, Potifar en sy vrou

Opsomming: Josef word ten onregte in die gevangenis gegooi, maar Jehovah is met hom.

1 ONTLEED DIE TONEEL.—LEES GENESIS 39:7, 10-23.

Watter emosies hoor jy in die stem van Potifar se vrou terwyl sy Josef valslik beskuldig?

․․․․․

Beskryf die gevangenis soos jy jou dit voorstel.

․․․․․

Watter soort behandeling moes Josef aanvanklik verduur terwyl hy in die gevangenis was? (Leidraad: Sien Psalm 105:17, 18.)

․․․․․

2 DELF DIEPER.

As Josef se geloof swak was, tot watter verkeerde gevolgtrekking sou hy dalk gekom het terwyl hy in die gevangenis was? (Leidraad: Sien Job 30:20, 21.)

․․․․․

Hoe weet ons dat Josef Jehovah nie vir sy lyding blameer het nie? (Leidraad: Sien Genesis 40:8; 41:15, 16.)

․․․․․

Watter eienskappe dink jy het Josef gehelp om sy onregverdige gevangenisstraf te verduur? (Leidraad: Lees en dink na oor die volgende tekste: Miga 7:7; Lukas 14:11; Jakobus 1:4.)

․․․․․

Watter opleiding het Josef in die gevangenis ontvang, en hoe het hierdie opleiding hom dalk later in die lewe tot voordeel gestrek? (Leidraad: Sien Genesis 39:21-23; 41:38-43.)

․․․․․

3 PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . . 

Die voordele wat diegene geniet wat volhard.

․․․․․

Die opleiding wat jy kan ontvang terwyl jy ’n beproewing verduur.

․․․․․

Jehovah se ondersteuning gedurende tye van beproewing.

․․․․․

VIR VERDERE TOEPASSING.

Was jy al ooit in ’n situasie waar jy bekommerd was en alleen gevoel het? Hoe het Jehovah jou dalk gehelp, selfs terwyl jy deur die beproewing gegaan het? (Leidraad: Lees en dink na oor 1 Korintiërs 10:13.)

․․․․․

4 WAT OMTRENT HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?

․․․․․

As jy nie ’n Bybel het nie, kan jy Jehovah se Getuies vir een vra of dit aanlyn lees by www.watchtower.org