Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoe bevoordeel God se wette ons?

Hoe bevoordeel God se wette ons?

Leer uit God se Woord

Hoe bevoordeel God se wette ons?

Hierdie artikel opper vrae wat jy dalk al gevra het en toon waar jy die antwoorde in jou Bybel kan vind. Jehovah se Getuies sal graag hierdie antwoorde met jou bespreek.

1. Waarom moet ons aan God gehoorsaam wees?

Dit is net reg dat ons aan God gehoorsaam is—hy het ons geskep. Selfs Jesus was altyd aan God gehoorsaam (Johannes 6:38; Openbaring 4:11). God se wette gee ons die geleentheid om te toon dat ons hom liefhet.—Lees 1 Johannes 5:3.

Al Jehovah God se wette is goed vir ons. Hulle leer ons wat nou die beste lewenswyse is en toon hoe ons ewige belonings in die toekoms kan verkry.—Lees Psalm 19:7, 11; Jesaja 48:17, 18.

2. Hoe bevoordeel God se wette ons gesondheid?

God se wet teen dronkenskap beskerm ons teen dodelike siektes en noodlottige ongelukke. Oormatige drinkery is verslawend en veroorsaak dat mense dwase dinge doen (Spreuke 23:20, 29, 30). Jehovah laat toe dat ons alkohol drink, maar net met matigheid.—Lees Psalm 104:15; 1 Korintiërs 6:10.

Jehovah waarsku ons ook teen jaloesie, onbeheerste woede en ander skadelike gesindhede. Na die mate waarin ons sy raad toepas, sal ons gesondheid bevoordeel word.—Lees Spreuke 14:30; 22:24, 25.

3. Hoe kan God se wet ons beskerm?

God se wet verbied buitehuwelikse seks (Hebreërs 13:4). Egpare wat aan hierdie wet gehoorsaam is, voel veiliger en skep ’n beter omgewing waarin hulle kinders kan grootword. Daarenteen lei buitehuwelikse seks dikwels tot siektes, egskeiding, geweld, emosionele trauma en eenouergesinne.—Lees Spreuke 5:1-9.

As ons situasies vermy wat ons in die versoeking sal bring om buitehuwelikse seks te hê, beskerm ons ons vriendskap met God. Ons sal ander dan ook nie skade berokken nie.—Lees 1 Tessalonisense 4:3-6.

4. Hoe bevoordeel respek vir lewe ons?

Mense wat die godgegewe gawe van die lewe respekteer, geniet gesondheidsvoordele wanneer hulle gewoontes soos rook en ander lewensgevaarlike verslawings laat vaar (2 Korintiërs 7:1). God beskou selfs die lewe van ’n baba wat in die baarmoeder ontwikkel, as iets kosbaars (Eksodus 21:22, 23). Ons moet dus nie ’n ongebore kind opsetlik doodmaak nie. Diegene wat God se beskouing van lewe het, tref veiligheidsmaatreëls by die werk, tuis en in ’n motor (Deuteronomium 22:8). Daarbenewens waag hulle nie hulle lewe in sport nie, want lewe is ’n gawe van God.—Lees Psalm 36:9.

5. Hoe bevoordeel die heiligheid van bloed ons?

Bloed is heilig omdat God sê dat dit die lewe, of siel, van ’n skepsel verteenwoordig (Genesis 9:3, 4). God se wet, wat die waarde van bloed met dié van lewe gelykstel, bevoordeel ons. Hoe? Op grond van daardie wet het God die vergifnis van sondes moontlik gemaak.—Lees Levitikus 17:11-13; Hebreërs 9:22.

Jesus se bloed was baie kosbaar omdat hy volmaak was. Jesus het God iets aangebied wat sy lewe verteenwoordig het—sy bloed (Hebreërs 9:12). Sy vergote bloed maak die ewige lewe vir ons moontlik.—Lees Matteus 26:28; Johannes 3:16.

Vir meer inligting, sien hoofstukke 12 en 13 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik? uitgegee deur Jehovah se Getuies.