Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Maak die antwoord saak?

Maak die antwoord saak?

Maak die antwoord saak?

“Ek was tien toe ek met seuns begin uitgaan het. Aan die begin het ons hande gehou en gesoen. Maar dit was nie lank voordat ons aan intieme liggaamsdele gevat het en met verskeie seksuele aktiwiteite geëksperimenteer het nie. Toe ek 15 was, het ek begin werk en is ek deur mans genader wat met niks minder tevrede sou wees as om seks te hê nie. Ek wou waaghalsig wees en inval by alles wat my werksmaats doen. Ek wou hê dat my vriende my moet aanvaar, en daarom het ek al hoe meer met seks geëksperimenteer.”—SARAH, a AUSTRALIË.

SAL dit jou verbaas om te weet dat Sarah in ’n godsdienstige huis grootgemaak is? Haar ouers het haar probeer grootmaak om volgens die Bybel se sedelike standaarde te lewe. Maar Sarah het besluit om ’n ander weg in te slaan.

Baie sal met Sarah se besluit saamstem. Hulle glo dat die Bybel se beskouing van seks hopeloos ouderwets is. Ander dink nie dat dit inkonsekwent is as jy sê dat jy godsdienstig is en terselfdertyd ’n seksueel permissiewe lewe lei nie.

Maak dit saak of jy weet wat die Bybel oor seks leer en of jy in ooreenstemming daarmee lewe? Die Bybel maak daarop aanspraak dat dit ‘deur God geïnspireer is en nuttig is om te onderrig’ (2 Timoteus 3:16). As jy glo dat God die mens geskep het en dat die Bybel sy geïnspireerde Woord is, dan is dit belangrik dat jy weet wat dit oor die onderwerp sê.

Ongelukkig is baie mense verward oor wat die Bybel oor seks leer. Godsdiensleiers wat sê dat hulle die Bybel respekteer, bevorder botsende idees. Trouens, die kwessie het verdeeldheid in baie hoofstroomkerke veroorsaak.

In plaas daarvan om jou te verlaat op wat ander sê, neem gerus ’n paar minute om die onderwerp self te ondersoek. Die volgende artikel bespreek tien vrae wat dikwels oor die Bybel se beskouing van seks gevra word. In hierdie artikel sal jy reguit antwoorde vind wat gegrond is op wat die Bybel werklik leer. Die laaste artikel van hierdie reeks sal bespreek waarom ons keuses wel saak maak.

[Voetnoot]

a Naam is verander.