Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoe beskou jy Jesus?

Hoe beskou jy Jesus?

Hoe beskou jy Jesus?

Is jy geneig om aan Jesus te dink as ’n pasgebore baba, ’n sterwende man of ’n verhewe Koning?

Die Bybel openbaar dat Jesus tans ’n magtige Koning is. Maar wat beteken dit vir jou?

Baie mense glo dat Jesus vir hulle gesterf het. Maar hoe kan een man se dood byna 2 000 jaar gelede vandag vir ander lewe beteken?

Jy word hartlik genooi om na die skriftuurlike antwoorde op hierdie vrae te kom luister. Hierdie inligting sal aangebied word wanneer Jehovah se Getuies bymekaarkom om Jesus se dood te herdenk. Vanjaar sal die herdenking op Donderdag 5 April, ná sononder, gehou word.

Vind gerus by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies waar en hoe laat dit gehou sal word.

Jehovah se Getuies sal die naweek ná die herdenking van Jesus se dood ook ’n interessante Bybeltoespraak aanbied met die tema “Is dit later as wat jy dink?” Hierdie toespraak sal een van die hoogtepunte wees van ’n wêreldwye poging om uit te reik na almal wat die waarheid liefhet en meer van Jesus wil leer. Jy word genooi om dit by te woon.