Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Bewaak jou hart!”

“Bewaak jou hart!”

“Bewaak jou hart!”

Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies

VRYDAG SE TEMA

“Jehovah sien wat die hart is”—1 SAMUEL 16:7.

SATERDAG SE TEMA

“Uit die oorvloed van die hart spreek die mond”—MATTEUS 12:34.

SONDAG SE TEMA

‘Dien Jehovah met ’n volkome hart’—1 KRONIEKE 28:9.

Die Bybel noem die hart amper ’n duisend keer. In die meeste gevalle verwys die Skrif nie na die mens se letterlike hart nie, maar na die figuurlike hart. Wat is die figuurlike hart? Die woord kan verwys na die innerlike mens—wat iemand dink, voel en begeer.

Waarom moet ons ons figuurlike hart bewaak? God het koning Salomo beweeg om te skryf: “Bewaak jou hart meer as enigiets anders wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spreuke 4:23). Die gehalte van ons huidige lewe en ons vooruitsigte op toekomstige lewe hang af van die toestand van ons figuurlike hart. Waarom? Want God sien wat in ons hart is (1 Samuel 16:7). Dit is die soort mens wat ons innerlik is, “die geheime persoon van die hart”, wat bepaal hoe God oor ons voel.—1 Petrus 3:4.

Hoe kan ons ons hart bewaak? Die antwoord op hierdie vraag sal breedvoerig bespreek word by die streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies, wat regoor die wêreld gehou sal word en in September in Suid-Afrika sal begin.

Jy word hartlik uitgenooi om al drie dae van hierdie streekbyeenkoms by te woon. * Wat jy gaan leer, sal jou help om op te tree op ’n wyse wat Jehovah God se hart sal bly maak.—Spreuke 27:11.

[Voetnoot]

^ par. 12 Om uit te vind waar ’n byeenkoms naaste aan jou gehou sal word, besoek gerus die webwerf www.pr418.com. Jy kan ook met Jehovah se Getuies in jou omgewing in verbinding tree of aan die uitgewers van hierdie tydskrif skryf.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Foto regs: Aus dem Fundus der MÜNCHNER OLYMPIAPARK GMBH, München