Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat is die goeie nuus in verband met godsdiens?

Wat is die goeie nuus in verband met godsdiens?

Leer uit God se Woord

Wat is die goeie nuus in verband met godsdiens?

Hierdie artikel bespreek vrae wat jy dalk al geopper het en toon waar jy die antwoorde in jou Bybel kan vind. Jehovah se Getuies sal graag hierdie antwoorde met jou bespreek.

1. Is alle godsdienste goed?

Talle godsdiensgroepe sluit opregte mense in wat God wil behaag. Hy is bewus van hulle en gee vir hulle om. Ongelukkig het party mense godsdiens egter vir bose doeleindes gebruik. In die verlede het godsdiensleiers hulle teenstanders selfs gemartel (2 Korintiërs 4:3, 4; 11:13-15). In ons tyd het party godsdiensleiers, volgens nuusberigte, terrorisme bevorder of oorloë ondersteun of hulle aan kindermolestering skuldig gemaak.—Lees Matteus 24:3-5, 11, 12.

Die Bybel leer dat daar twee soorte godsdienste is—ware godsdiens en valse godsdiens. Valse godsdiens leer nie die waarheid omtrent God nie. Maar Jehovah God wil hê dat mense die waarheid omtrent hom moet ken.—Lees 1 Timoteus 2:3-5.

2. Wat is die goeie nuus in verband met godsdiens?

God wil nie hê dat mense mislei moet word deur godsdienste wat beweer dat hulle hom liefhet maar hom verkeerd voorstel nie. Trouens, lede van hierdie godsdienste hou daarvan om vriende te wees van die wêreld, wat onder die beheer van Satan die Duiwel is (Jakobus 4:4; 1 Johannes 5:19). God se Woord beskryf godsdienste wat eerder aan menseregerings as aan God getrou is, as ’n prostituut. Die Bybel noem hierdie hoer “Babilon die Grote”, na aanleiding van die eertydse stad waar valse godsdiens ná die Vloed van Noag se dag sy oorsprong gehad het. Binnekort sal God skielike vernietiging bring oor godsdienste wat die mensdom mislei en onderdruk.—Lees Openbaring 17:1, 2, 5, 17; 18:8, 23, 24.

3. Hoe sal God vir die hele aarde verligting bring?

Die komende oordeel oor valse godsdiens is goeie nuus. Dit sal wêreldwye verligting van onderdrukking bring. Valse godsdiens sal die mensdom nooit weer mislei en verdeel nie. Almal wat lewe, sal verenig wees in die aanbidding van die enigste ware God.—Lees Jesaja 11:9; Openbaring 18:20, 21; 21:3, 4.

4. Wat moet opregte mense doen?

Jehovah het nie van die opregte mense vergeet wat onder valse godsdienste regoor die wêreld versprei is nie. Hy samel nou sulke mense in deur hulle die waarheid te leer.—Lees Miga 4:2, 5

Jehovah verwelkom diegene wat hom wil dien as lede van sy gesin. Selfs al ontstel dit ons vriende en familielede wanneer ons Jehovah begin dien, geniet ons nogtans groot voordele omdat ons dit doen. Ons geniet vriendskap met God, ’n nuwe en liefdevolle “gesin” en die vooruitsig op ewige lewe.—Lees Markus 10:29, 30; 2 Korintiërs 6:17, 18.

Vir meer inligting, sien hoofstukke 15 en 16 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik? uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Foto-erkenning op bladsy 16]

The Complete Encyclopedia of Illustration/J. G. Heck