Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Dit beteken die ewige lewe”

“Dit beteken die ewige lewe”

“Dit beteken die ewige lewe”

“Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.”—JOHANNES 17:3.

KENNIS kan lewens red. Toe die tien maande oue Nouhou siek geword het, het sy moeder—’n gemeenskapsgesondheidswerker in Niger—geweet wat om te doen. Sy het ’n mondelike rehidrasieoplossing vir haar seun gemaak deur suiker, sout en skoon water te meng. Volgens UNICEF het “haar kind gou herstel [danksy haar] vinnige optrede en toegang tot gemeenskapsgesondheidsorg”.

Bybelkennis kan ook lewens red. Die eerste Bybelskrywer, Moses, het gesê: “Dit is geen waardelose woord vir julle nie, maar dit beteken julle lewe, en deur hierdie woord kan julle julle dae verleng” (Deuteronomium 32:47). Kan die Bybel werklik ons dae verleng? In watter opsig beteken dit ons lewe?

Die vorige vyf artikels in hierdie reeks het getoon dat die Bybel ’n onvergelyklike boek is weens sy betroubare profesieë, geskiedkundige en wetenskaplike akkuraatheid, interne harmonie en praktiese leiding. Dit bevestig dat die Bybel uniek is. Aangesien dit sê dat dit die weg na ’n langer lewe—ewige lewe—aanwys, is dit dan nie die moeite werd om dit noukeurig te ondersoek nie?

Ons spoor jou aan om uit te vind hoe juiste kennis van die Bybel nou na gemoedsrus en in die toekoms na geluk kan lei. Jehovah se Getuies sal jou met graagte help om sulke kennis op te doen.

[Venster/Prent op bladsy 9]

Die Bybel is ook uniek in die opsig dat dit alleen bevredigende antwoorde op ons basiese vrae bied:

• Waarom is ons hier?

• Waarom is daar soveel lyding?

• Is daar enige hoop vir my geliefdes wat gesterf het?

Jy kan die Bybel se antwoorde op dié vrae vind in hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.