Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Net nog ’n boek?

Net nog ’n boek?

Net nog ’n boek?

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig . . . , sodat die mens van God volkome bevoeg kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie werk.”—2 TIMOTEUS 3:16, 17.

PARTY mense huiwer om so ’n onvoorwaardelike verklaring oor die Bybel te maak. Wat van jou? Watter van die volgende verklarings beskryf jou beskouing van die Bybel die beste?

• ’n Voortreflike literêre werk

• Een van etlike heilige geskrifte wat ewe aanvaarbaar is

• ’n Boek van legendes met onderliggende sedelesse

• Die Woord van God

’n Verwante vraag is: Maak dit saak wat jy glo? Dink aan wat die Bybel self sê: “Alles wat tevore geskryf is, is tot ons onderrigting geskryf, sodat ons deur ons volharding en deur die vertroosting van die Skrif hoop kan hê” (Romeine 15:4). Die Bybel sê dus dat dit bedoel is om ons te onderrig en te vertroos en ons hoop te gee.

Maar as die Bybel bloot ’n literêre werk of net een van talle heilige boeke is, sou jy dit vertrou om jou te onderrig en jou gesin te rig, veral as die boodskap daarin verskil van wat jy dink reg is? As die Bybel ’n versameling mites is, sou die beloftes daarin jou vertroos en hoop gee?

Aan die ander kant is miljoene mense wat die Bybel bestudeer het, daarvan oortuig dat dit die unieke Woord van God is. Waarom? Hoe verskil die Bybel van alle ander boeke? Ons nooi jou om vyf unieke kenmerke van die Bybel te ondersoek wat in die volgende artikels bespreek sal word.