Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Prakties vir vandag

Prakties vir vandag

Prakties vir vandag

“U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.”—PSALM 119:105.

HOE IS DIE BYBEL ANDERS? Sekere literêre tekste word as klassieke werke beskou, maar hulle is nouliks gidse. En moderne handleidings moet voortdurend hersien word. Die Bybel daarenteen sê dat “wat tevore geskryf is, . . . tot ons onderrigting geskryf” is.—Romeine 15:4.

’N VOORBEELD: Hoewel die Bybel nie ’n mediese handleiding is nie, gee dit tog praktiese raad oor goeie emosionele en fisiese gesondheid. Byvoorbeeld, dit sê dat ‘’n kalm hart die lewe van die vlees is’ (Spreuke 14:30). Die Bybel waarsku ook: “Wie hom afsonder, sal sy eie selfsugtige verlange soek; teen alle praktiese wysheid sal hy losbreek” (Spreuke 18:1). Aan die ander kant sê dit: “Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang.”—Handelinge 20:35.

WAT NAVORSING TOON: ’n Kalm gemoed, goeie vriendskappe en vrygewigheid kan jou gesondheid verbeter. The Journal of the American Medical Association sê: “Die gevaar om ’n beroerte te kry, is twee keer groter vir mans wat woedeuitbarstings kry as vir mans wat hulle humeur beteuel.” ’n Tien jaar lange studie in Australië het bevind dat bejaardes wat “’n beter sosiale netwerk het van vriende en mense wat hulle in hulle vertroue kan neem”, waarskynlik langer sal lewe. En in 2008 het navorsers van Kanada en die Verenigde State bevind dat “dit ’n mens gelukkiger maak om geld aan ander te bestee as aan jouself”.

WAT DINK JY? Sou jy raad oor gesondheidsake uit enige ander boek vertrou wat amper 2 000 jaar gelede voltooi is? Of is die Bybel uniek?

[Lokteks op bladsy 8]

“Ek dink die Bybel is wonderlik . . . omdat dit sulke uitstekende mediese raad bevat.”—HOWARD KELLY, M.D., STIGTERSLID VAN DIE JOHNS HOPKINS-UNIVERSITEIT SE MEDIESE FAKULTEIT