Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Luister enigiemand na gebede?

Luister enigiemand na gebede?

Luister enigiemand na gebede?

“Ek het in die bestaan van God getwyfel. Maar soms het ek in elk geval gebid. Ek was nie seker of enigiemand luister nie, maar ek moet erken dat ek gehoop het dat daar wel iemand daar bo is. Ek was ongelukkig en het geen doel in die lewe gehad nie. Ek was bang om aan God te glo omdat ek gedink het dat net swakkelinge aan God glo.”—PATRICIA, * IERLAND.

HET jy al ooit soos Patricia gevoel? Bid jy selfs al twyfel jy of God bestaan? Indien wel, is jy glad nie alleen nie. Kyk na die volgende.

▪ ’n Meningsopname onder 2 200 Britte het aan die lig gebring dat slegs 22 persent van hulle glo dat daar ’n persoonlike God is wat die wêreld geskep het en wat na gebede luister. Tog bid 55 persent van diegene met wie die onderhoud gevoer is wel van tyd tot tyd.

▪ In ’n opname onder 10 000 mense op vier vastelande is bevind dat amper 30 persent van diegene wat sê dat hulle ateïste is, wel bid.

Waarom twyfel hulle?

’n Engelsman genaamd Allan sê: “Ek het altyd gesê dat ek nie aan God glo nie omdat ek gedink het dat godsdiens geskep is om mense te beheer en geld te maak. En as daar ’n God is, het ek geredeneer, sou daar nie soveel ongeregtigheid gewees het nie. Tog het ek soms stilgesit en met ‘iets’ gepraat. Ek het my ook afgevra: ‘Waar kom ons vandaan?’”

Elkeen wat so oor die saak voel, het sy eie redes waarom hy twyfel of gebede verhoor word. In baie gevalle ontstaan die twyfelgedagtes weens onbeantwoorde vrae soos die volgende:

▪ Is daar ’n Skepper?

▪ Waarom is godsdiens so dikwels ’n invloed ten kwade?

▪ Waarom laat God lyding toe?

Sou jy meer vertroue in gebed hê as jy die antwoorde op hierdie vrae gehad het?

[Voetnoot]

^ par. 2 Van die name in hierdie reeks artikels is verander.