Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die lewe in Bybeltye—Die Visserman

Die lewe in Bybeltye—Die Visserman

Die lewe in Bybeltye—Die visserman

“Terwyl hy [Jesus] langs die see van Galilea geloop het, het hy twee broers gesien, Simon, wat Petrus genoem word, en sy broer Andreas, wat ’n visnet in die see laat sak, want hulle was vissers. En hy het vir hulle gesê: ‘Kom agter my aan, en ek sal julle vissers van mense maak.’”—MATTEUS 4:18, 19.

VIS, visvang en vissermanne word dikwels in die Evangelieverslae gemeld. Trouens, Jesus het ’n aantal illustrasies oor visvang gebruik. En dit is ook geen wonder nie! Hy het baie van sy tyd naby of langs die kus van die See van Galilea deurgebring terwyl hy mense geleer het (Matteus 4:13; 13:1, 2; Markus 3:7, 8). Hierdie pragtige varswatermeer is sowat 20 kilometer lank en 11 kilometer breed. Tot sewe van Jesus se apostels—Petrus, Andreas, Jakobus, Johannes, Filippus, Tomas en Natanael—was moontlik vissermanne.—Johannes 21:2, 3.

Wat het dit behels om ’n visserman in Jesus se dag te wees? Leer gerus meer oor hierdie manne en hulle bedryf. Dit sal jou help om groter waardering vir die apostels te hê en Jesus se dade en illustrasies beter te verstaan. Kom ons kyk eerstens wat dit behels het om ’n visserman op die See van Galilea te wees.

“’n Groot beroering het in die see gekom”

Die See van Galilea lê in die vou van ’n skeurvallei, en die oppervlak daarvan is ongeveer 210 meter onder seespieël. Daar is rotsagtige hange aan weerskante van sy oewers, en na die noorde rys die majestueuse berg Hermon op. In die winter word stormagtige golwe soms deur yskoue winde opgeswiep. In die somer hang warm lug bo die oppervlak van die water. Sonder veel waarskuwing rol heftige storms van die omliggende berge na die see waar dit met groot woede oor matrose losbars. Jesus en sy dissipels is deur presies so ’n storm oorval.—Matteus 8:23-27.

Vissermanne het houtbote gehad wat ongeveer agt meter lank en twee meter breed was. Baie van hulle bote het ’n mas en ’n kajuitagtige skuiling onder die agterdek gehad (Markus 4:35-41). Hierdie stadige maar stewig geboude bote het winde weerstaan wat die seil en mas in een rigting gestoot het terwyl die gewig van ’n net dit in die teenoorgestelde rigting getrek het.

Manne het die boot aangedryf met roeispane wat aan albei kante van die boot gemonteer is. Die bemanning kon uit ses of meer vissermanne bestaan (Markus 1:20). Daarbenewens is die bote waarskynlik uitgerus met ’n linneseil (1), tou (2), roeispane (3), ’n klipanker (4), warm, droë klere (5), kosvoorraad (Markus 8:14(6), mandjies (7), ’n kussing (Markus 4:38(8) en ’n net (9). Hulle het moontlik ook ekstra boeie (10), sowel as sinkers (11), gereedskap om herstelwerk mee te doen (12) en fakkels (13) aan boord gehad.

‘Hulle het ’n groot menigte visse omsluit’

Vandag, soos in die eerste eeu, is die beste visvangplekke in die See van Galilea naby die plekke waar talle fonteine en riviere in die see uitmond. Plantmateriaal spoel hier in die see uit, en dit lok die visse. Om die vis te vang, het vissermanne in Jesus se dag dikwels snags gewerk en fakkels gebruik om lig te voorsien. Jesus se dissipels het eenkeer die hele nag lank geswoeg sonder om enige vis te vang. Maar die volgende dag het hulle op Jesus se bevel hulle nette weer laat sak en soveel vis gevang dat hulle bote amper gesink het.—Lukas 5:6, 7.

Soms het die vissermanne na diep waters geseil. By die visvangplek het twee bote saam gewerk. Die manne het ’n net tussen die bote gespan; dan het die bemanning vir al wat hulle werd is in teenoorgestelde rigtings geroei en die net bietjie vir bietjie uitgegooi terwyl hulle die vis omsluit het. Die bote het die sirkel voltooi sodat die vis nie kon wegkom nie. Die vissermanne het die vangs dan op die boot getrek met behulp van toue wat aan die hoeke van die net vasgemaak is. Die net kon meer as 30 meter lank en ongeveer 2 meter diep wees, groot genoeg om ’n hele skool visse te vang. Die bokant van die net het met behulp van boeie gedryf en die onderkant daarvan is met behulp van gewigte in posisie gehou. Die vissermanne het hulle net laat sak en dit dan keer op keer, uur ná uur, ingetrek.

In vlakker water het ’n span vissermanne ’n ander tegniek gebruik. ’n Boot het een punt van die sleepnet in die see ingeneem en dan in ’n halfmaan na die strand teruggevaar en sodoende die vis omsluit. Daarna het manne op die strand die net uitgesleep en die vangs op die strand uitgegooi, waar hulle die vis gesorteer het. Hulle het die geskikte vis in houers gesit. Sommige van die vars vis is plaaslik verkoop. Die meeste daarvan is gedroog en gesout of ingelê, in kleikruike gesit en in Jerusalem of in ander lande verkoop. Diere sonder skubbe of vinne, soos palings, is as onrein beskou en is weggegooi (Levitikus 11:9-12). Jesus het na hierdie visvangmetode verwys toe hy “die koninkryk van die hemele” met ’n sleepnet en die verskillende soort vis met goeie en slegte mense vergelyk het.—Matteus 13:47-50.

’n Visserman wat op sy eie visgevang het, sou moontlik ’n lyn met bronshoeke gebruik waaraan hy aas gesit het. Of hy kon ’n klein werpnet gebruik. Om die net te werp, het hy in die water ingeloop, die net op sy arm gehou en dit dan in ’n wye boog gegooi. Die koepelvormige net het uitgesprei, op die water geland en dan gesink. As die visserman gelukkig was, was daar ’n paar visse in die net wanneer hy dit aan die tou in die middel van die net uitgetrek het.

Nette was duur, en dit het harde werk geverg om dit in ’n goeie toestand te hou, en daarom het die manne dit met sorg gebruik. ’n Visserman het heelwat tyd daaraan bestee om nette heel te maak, te was en te droog—take wat hy gedoen het elke keer nadat hy gaan visvang het (Lukas 5:2). Die apostels Jakobus en sy broer Johannes was in hulle boot, besig om hulle nette heel te maak, toe Jesus hulle genooi het om hom te volg.—Markus 1:19.

Een vissoort wat eerste-eeuse vissermanne gevang het, was die tilapia, wat volop voorgekom het. Die meeste mense in Galilea het hierdie vis gereeld geëet, en Jesus het waarskynlik ook hierdie heerlike vis geëet. Jesus het moontlik tilapia wat gedroog en gesout was, gebruik om duisende mense wonderdadig met twee visse te voed (Matteus 14:16, 17; Lukas 24:41-43). By hierdie vissoort swem die moeder dikwels met haar kleintjies in haar bek. Maar wanneer sy nie haar kleintjies in haar bek hou nie, sal sy soms ’n klippie in haar bek hou, of sy sal moontlik selfs ’n blink muntstuk optel wat op die bodem van die see lê.—Matteus 17:27.

In die eerste eeu was suksesvolle vissermanne geduldig, hardwerkend en bereid om ontberinge te verduur terwyl hulle ’n waardevolle beloning probeer verkry het. Diegene wat Jesus se uitnodiging aanvaar het om saam met hom aan die dissipelmaakwerk deel te neem, het ook sulke eienskappe nodig gehad om doeltreffende “vissers van mense” te wees.—Matteus 28:19, 20.

[Prent op bladsy 19]

(Sien publikasie)