Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wonderwerke wat binnekort gaan plaasvind

Wonderwerke wat binnekort gaan plaasvind

Wonderwerke wat binnekort gaan plaasvind

HOE sou jy voel as jy uitvind dat ’n chirurg wat ’n ingewikkelde operasie op jou moet uitvoer, nog nooit hierdie tipe prosedure gedoen het nie? Jy sou ongetwyfeld besorg wees. Maar sê nou jy vind uit dat hierdie dokter die beste chirurg in sy veld is en dat hy al honderde soortgelyke operasies suksesvol uitgevoer het? Sou jy nie baie meer vertroue hê dat hy jou kan help nie?

Die siek wêreld waarin ons vandag lewe, het ingrypende “chirurgie” nodig. Deur sy Woord, die Bybel, het Jehovah God belowe dat hy die Paradys op hierdie aarde sal herstel (2 Petrus 3:13). Maar voordat dit kan plaasvind, moet goddeloosheid eers verwyder, heeltemal weggesny, word (Psalm 37:9-11; Spreuke 2:21, 22). Al die droewige toestande wat ons om ons sien, moet heeltemal verwyder word voordat ’n paradys weer tot stand gebring kan word. Dit sal sonder twyfel ’n wonderwerk verg om dit te laat gebeur!—Openbaring 21:4, 5.

Jehovah se Getuies glo dat hierdie drastiese veranderinge binnekort sal plaasvind. Waarom? Want die wonderwerke wat Jehovah God reeds verrig het, bewys dat hy die mag het om sy beloftes te vervul. Vergelyk slegs ses van die wonderwerke wat in die Bybel opgeteken is met die beloftes wat dit in verband met die toekoms maak.

Mag jy aanhou om oor die Bybel se beloftes in verband met ons toekoms te leer. Namate jou geloof toeneem, sal jou hoop ook sterker word—’n hoop om in ’n tyd te lewe wanneer jy persoonlik sal baat vind by die wonderwerke wat Jehovah verrig.

[Venster/Prente op bladsye 9, 10]

WONDERWERK:

JESUS HET DUISENDE MENSE MET ’N PAAR BRODE EN VISSE GEVOED.—MATTEUS 14:13-21; MARKUS 8:1-9; JOHANNES 6:1-14.

BELOFTE:

“Die aarde sal beslis sy opbrengs lewer; God, ons God, sal ons seën.”PSALM 67:6.

WAT DIT VIR ONS BETEKEN:

NIEMAND SAL OOIT WEER HONGER LY NIE.

WONDERWERK:

JESUS HET DIE BLINDES LAAT SIEN.—MATTEUS 9:27-31; MARKUS 8:22-26.

BELOFTE:

“Die oë van die blindes [sal] geopen word.”JESAJA 35:5.

WAT DIT VIR ONS BETEKEN:

ALLE BLINDES SAL WEER KAN SIEN.

WONDERWERK:

JESUS HET DIE GESTREMDES GENEES.—MATTEUS 11:5, 6; JOHANNES 5:3-9.

BELOFTE:

“Die kreupele [sal] net soos ’n takbok klim.”JESAJA 35:6.

WAT DIT VIR ONS BETEKEN:

ALLE LIGGAAMSGEBREKE SAL GENEES WORD.

WONDERWERK:

JESUS HET VERSKEIE SIEKTES GENEES.—MARKUS 1:32-34; LUKAS 4:40.

BELOFTE:

“Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.”JESAJA 33:24.

WAT DIT VIR ONS BETEKEN:

ALLE AFTAKELENDE SIEKTES SAL GENEES WORD. ONS SAL VOLMAAKTE GESONDHEID GENIET.

WONDERWERK:

JESUS HET DIE ELEMENTE BEHEER.—MATTEUS 8:23-27; LUKAS 8:22-25.

BELOFTE:

“Hulle sal beslis huise bou en dit bewoon; en hulle sal beslis wingerde plant en die vrug daarvan eet. Hulle sal nie verniet swoeg nie.”JESAJA 65:21, 23.

“Jy sal ver wees van onderdrukking—want jy sal niemand vrees nie—en van enigiets skrikwekkends, want dit sal nie naby jou kom nie.”JESAJA 54:14.

WAT DIT VIR ONS BETEKEN:

NATUURRAMPE SAL IETS VAN DIE VERLEDE WEES.

WONDERWERK:

JESUS HET DIE DOOIES OPGEWEK.—MATTEUS 9:18-26; LUKAS 7:11-17.

BELOFTE:

“Almal wat in die gedenkgrafte is, . . . sal uitkom.”JOHANNES 5:28, 29.

“Die see het die dooies daarin gegee, en die dood en Hades het die dooies in hulle gegee.”OPENBARING 20:13.

WAT DIT VIR ONS BETEKEN:

ONS GELIEFDES WAT GESTERF HET, SAL OPGEWEK WORD.