Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vir jongmense

Waak teen ambisie!

Waak teen ambisie!

Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Terwyl jy die tekste lees, stel jou voor dat jy toekyk terwyl die gebeure afspeel. Visualiseer die tonele. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die karakters. Leef jou in die verslag in.

Hoofkarakters: Dawid, Absalom, Joab

Opsomming: Absalom probeer sy vader se troon in besit neem, iets waarop hy geen reg het nie.

ONTLEED DIE TONELE.—LEES 2 SAMUEL 14:25-33; 15:1-17; 18:9-17, 30-33.

Beskryf hoe jy dink Absalom gelyk het. (Lees weer 2 Samuel 14:25, 26.)

Hoe stel jy jou Absalom se gesindheid en stemtoon voor toe hy die harte van diegene probeer wen het wat vir regspraak na die koning gekom het? (Lees weer 2 Samuel 15:2-6.)

Wat leer jy omtrent Absalom se persoonlikheid uit die voorval wat in 2 Samuel 14:28-30 opgeteken is?

DELF DIEPER.

Wat het Absalom gedoen sodat hy die troon in besit kon neem? (Leidraad: Lees 2 Samuel 13:28, 29. Amnon was Dawid se oudste seun en dus die troonopvolger.)

Ondanks Absalom se ambisie en pogings om homself te verheerlik, wat openbaar die manier waarop hy begrawe is oor hoe ander hom eintlik beskou het? (Lees weer 2 Samuel 18:17.)

Wat dink jy het moontlik tot Absalom se ambisie bygedra? (Ter vergelyking, lees wat in 3 Johannes 9, 10 oor Diotrefes gesê word.)

Watter uitwerking het Absalom se dade op Dawid gehad? (Leidraad: Lees Psalm 3, wat Dawid tydens Absalom se opstand geskryf het.)

PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . . 

Die gevaar van ambisie.

Die pyn wat ’n mens se dade ander kan veroorsaak, insluitende sy of haar ouers.

VIR VERDERE TOEPASSING.

Hoe kan jy in die strik van ambisie trap?

Hoe kan jy voorkom dat jy ongepaste trots ontwikkel?

WAT OMTRENT HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?

Wenk: Dink aan ’n ander slot vir hierdie verslag. Wat sou moontlik gebeur het as Absalom beskeie eerder as ambisieus was?—Spreuke 18:12.