Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP: WAT ONS LEER BY MOSES

Wie was Moses?

Wie was Moses?

Waaraan dink jy wanneer jy die naam Moses hoor? Dink jy aan . . .

  • die baba wie se ma hom in ’n mandjie in die Nylrivier weggesteek het?

  • die seun wat in die weelde van Egipte grootgemaak is deur die dogter van Farao—maar nooit vergeet het dat hy ’n Israeliet is nie?

  • die man wat 40 jaar lank ’n herder in Midian was?

  • die man wat ’n gesprek met Jehovah * gevoer het voor ’n brandende bos?

  • die man wat die koning van Egipte gekonfronteer het en moedig gevra het dat die Israeliete uit slawerny vrygelaat word?

  • die man wat, op God se bevel, die Tien Plae oor Egipte aangekondig het toe die koning die ware God uitgetart het?

  • die man wat die Israeliete in ’n indrukwekkende uittog uit Egipte uitgelei het?

  • die man wat ’n rol gespeel het in die skeiding van die Rooi See?

  • die man wat die Tien Gebooie van God aan die Israeliete oorgedra het?

MOSES het dit alles en nog meer ervaar. Geen wonder dat hierdie getroue man deur Christene, Jode en Moslems hooggeag word nie!

Moses was ongetwyfeld ’n profeet wat “ontsagwekkende dade” verrig het (Deuteronomium 34:10-12). Hy het toegelaat dat God hom op ’n kragtige manier gebruik. Tog was Moses ’n gewone mens. Net soos die profeet Elia, wat gedurende Jesus se aardse bediening saam met Moses in ’n visioen verskyn het, was Moses ’n mens “met gevoelens soos ons s’n” (Jakobus 5:17; Matteus 17:1-9). Moses het dikwels voor dieselfde probleme as ons te staan gekom, en hy het dit met welslae die hoof gebied.

Sal jy graag wil weet hoe hy dit gedoen het? Beskou drie van die goeie eienskappe wat Moses aan die dag gelê het en wat ons uit sy voorbeeld kan leer.

^ par. 7 Jehovah is die naam van God soos dit in die Bybel geopenbaar word.