Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoop vir die dooiesDie opstanding

Hoop vir die dooiesDie opstanding

Glo jy die Bybel se belofte van ’n opstanding? * Om herenig te word met ons geliefdes wat gesterf het, is ’n aangename vooruitsig, om die minste te sê. Maar is dit realisties om hierdie hoop te koester? Die voorbeeld van Jesus Christus se apostels sal ons help om dié vraag te beantwoord.

Die apostels het vas geglo aan die opstanding van die dooies. Waarom? Om ten minste twee redes. Eerstens, hulle hoop was hoofsaaklik gegrond op die feit dat Jesus self uit die dood opgewek is. Die apostelsen “meer as vyfhonderd broers tegelyk”het die verrese Jesus gesien (1 Korintiërs 15:6). En Jesus se opstanding is algemeen erken en aanvaar, soos die vier Evangelieverslae toon.Matteus 27:62–28:20; Markus 16:1-8; Lukas 24:1-53; Johannes 20:1–21:25.

Tweedens, die apostels het gesien hoe Jesus ten minste drie opstandings verrigeers by Nain, toe by Kapernaum en uiteindelik by Betanië (Lukas 7:11-17; 8:49-56; Johannes 11:1-44). Die laaste van hierdie opstandings, wat vroeër in hierdie tydskrif beskryf is, het ’n gesin geraak wat besonder na aan Jesus was. Kom ons kyk wat gebeur het.

“EK IS DIE OPSTANDING”

“Jou broer sal opstaan.” Jesus het dit vir Marta gesê, wie se broer, Lasarus, reeds vier dae dood was. Marta het eers nie verstaan wat Jesus bedoel nie. “Ek weet dat hy . . . sal opstaan”, het sy gesê, maar sy het gedink dat dit eendag in die toekoms sou gebeur. Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe.” Stel jou net voor hoe verbaas sy was toe sy kort daarna sien hoe Jesus haar broer uit die dood opwek!Johannes 11:23-25.

Waar was Lasarus gedurende die vier dae ná sy dood? Lasarus het niks gesê wat daarop dui dat hy gedurende daardie vier dae iewers anders gelewe het nie. Hy het nie ’n onsterflike siel gehad wat hemel toe gegaan het nie. Toe Jesus Lasarus opgewek het, het hy hom nie uit ’n plek van hemelse saligheid by God na die aarde toe teruggebring nie. Waar was Lasarus dan gedurende daardie vier dae? Hy het in die graf geslaap.Prediker 9:5, 10.

Onthou dat Jesus die dood vergelyk het met slaap waaruit ’n mens deur middel van ’n opstanding wakker gemaak kan word. Die verslag sê: “‘Lasarus, ons vriend, het gaan rus, maar ek reis daarheen om hom uit die slaap wakker te maak.’ Daarom het die dissipels vir hom gesê: ‘Here, as hy gaan rus het, sal hy gesond word.’ Jesus het egter van sy dood gepraat. Maar hulle het gedink dat hy van die rus van die slaap praat. Toe het Jesus dus reguit vir hulle gesê: ‘Lasarus het gesterf’” (Johannes 11:11-14). Toe Jesus Lasarus opgewek het, het hy sy lewe aan hom teruggegee en hom met sy gesin herenig. Wat ’n wonderlike gawe het Jesus tog aan daardie gesin gegee!

Die opstandings wat Jesus verrig het toe hy op die aarde was, was ’n voorskou van wat hy in die toekoms as Koning van God se Koninkryk sal doen. * Wanneer Jesus uit die hemel oor die aarde regeer, sal hy mense wat in die mensdom se gemeenskaplike graf slaap, weer lewend maak. Daarom het hy gesê: “Ek is die opstanding.” Dink net hoe bly jy sal wees wanneer jy jou geliefdes weer sien! Dink ook aan die vreugde wat die verresenes sal ervaar!Lukas 8:56.

Dink net hoe bly jy sal wees wanneer jy jou geliefdes weer sien!

GELOOF WAT TOT DIE EWIGE LEWE LEI

Jesus het vir Marta gesê: “Wie geloof in my beoefen, sal lewend word, selfs al sterf hy; en elkeen wat lewe en geloof in my beoefen, sal nóóit sterf nie” (Johannes 11:25, 26). Diegene wat Jesus gedurende sy duisendjarige heerskappy opwek, sal die vooruitsig hê om vir ewig te lewemits hulle waarlik geloof in hom stel.

“Wie geloof in my beoefen, sal lewend word, selfs al sterf hy.”Johannes 11:25

Ná hierdie merkwaardige woorde oor die opstanding het Jesus Marta ’n betekenisvolle vraag gevra: “‘Glo jy dit?’ Sy het vir hom gesê: ‘Ja, Here; ek het geglo dat u die Christus is, die Seun van God’” (Johannes 11:26, 27). Wat van jouwil jy graag die soort geloof in die opstandingshoop opbou wat Marta gehad het? Jy moet eerstens kennis inneem van God se voorneme vir die mensdom (Johannes 17:3; 1 Timoteus 2:4). Hierdie kennis kan tot geloof lei. Vra Jehovah se Getuies gerus om jou te wys wat die Bybel oor hierdie onderwerp leer. Hulle sal met graagte die wonderlike opstandingshoop met jou bespreek.

^ par. 2 Sien die artikel “Die dood is nie die einde van alles nie!” op bladsy 6 van hierdie tydskrif.

^ par. 9 Vir meer inligting oor die Bybel se belofte van ’n toekomstige opstanding, sien hoofstuk 7 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.