Antwoorde op Bybelvrae
Watter soort persoon is God?
God is ’n onsigbare geespersoon. Hy het die hemel, die aarde en alle lewende dinge geskep. Niemand het God geskep nie
God is ’n persoon wat ons by name kan ken. Ons kan party van sy eienskappe sien in die dinge wat hy gemaak het (Romeine 1:20). Maar as ons God goed wil leer ken, moet ons sy Woord, die Bybel, bestudeer. Dit sal ons help om God se liefdevolle persoonlikheid beter te leer ken.
Hoe voel God oor ongeregtigheid?
Ons Skepper, Jehovah, haat ongeregtigheid. En hy het mense na sy beeld geskep (Deuteronomium 25:16). Daarom haat die meeste van ons ongeregtigheid. Die ongeregtigheid om ons is nie God se skuld nie. God het die mens wilsvryheid gegee. Ongelukkig misbruik baie mense hulle wilsvryheid en beoefen hulle ongeregtigheid. Dit laat Jehovah gekrenk voel in sy hart.
Jehovah het geregtigheid lief, en hy sal ongeregtigheid nie vir ewig duld nie (Psalm 37:28, 29). Die Bybel belowe dat God binnekort ’n einde aan alle ongeregtigheid sal maak.
Die Bybel belowe dat God binnekort geregtigheid vir almal sal teweegbring