Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VOORBLADONDERWERP | MOET JY BID?

Waarom bid mense?

Waarom bid mense?

Is gebed deel van jou lewe? Baie mense, selfs party ateïste, bid. Maar waarom bid mense? Volgens ’n opname in Frankryk bid of peins die helfte van dié land se inwoners soms “bloot om beter te voel”. Soos baie ander Europeërs bid hulle nie in godsdienstige sin nie. Hulle bid eerder omdat gebed ’n “kalmerende uitwerking” op hulle het. Aan die ander kant wend party gelowiges hulle net tot God wanneer hulle iets nodig het en verwag hulle dat hy dadelik aan hulle versoeke moet voldoen.Jesaja 26:16.

Wat van jou? Dink jy dat gebed bloot ’n manier is om jou gedagtes uit te sorteer? Sien jy, as jy in God glo, dat gebed jou in jou lewe help? Of voel dit vir jou of jou gebede nie verhoor word nie? Die Bybel kan jou help om gebed nie te beskou as terapie wat ’n mens goed laat voel nie, maar eerder as iets kosbaars wat jou nader aan God laat kom.