Voorgestelde aanbiedings
ONTWAAK!
Vraag: Die meeste mense wil graag gesond wees. Wat dink jy kan ons doen om ons teen siekte te beskerm?
Teks: Spr 22:3
Aanbod: Hierdie Ontwaak! bespreek praktiese dinge wat ons kan doen om te keer dat ons siek word.
LEER DIE WAARHEID AAN ANDER
Vraag: Is dit God wat ons lyding veroorsaak of is dit iets anders?
Teks: Job 34:10
Waarheid: God is nooit die oorsaak van ons lyding nie. Lyding word eerder deur die Duiwel veroorsaak of dit ontstaan omdat mense slegte keuses maak. En soms ly mense omdat hulle op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is. Maar wanneer ons ly, ondersteun God ons altyd. Hy gee regtig vir ons om.
WAAROM MOET JY DIE BYBEL STUDEER? (Video)
Vraag: Dink jy dat God in beheer is van die wêreld? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel se antwoord sal jou dalk verbaas. Hierdie kort video verduidelik dit. [Speel die video.]
Aanbod: Hoofstuk 11 van hierdie boek verduidelik waarom God lyding toelaat en wat hy omtrent lyding gaan doen. [Bied die Leer Bybel-boek aan.]
BEREI JOU EIE AANBIEDING VOOR
Gebruik die voorbeelde om jou eie aanbiedings voor te berei.