Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

“Hier is ek! Stuur my!”

“Hier is ek! Stuur my!”

Ons kan Jesaja se gewillige gees navolg. Hy het geloof getoon en onmiddellik op Jehovah se versoek gereageer, al het hy nie al die besonderhede gehad nie (Jes 6:8). Kan jy veranderinge maak sodat jy kan gaan dien waar meer Koninkryksverkondigers nodig is? (Ps 110:3). Dit is natuurlik nodig dat jy “die koste [moet] bereken” (Lu 14:27, 28). Maar jy moet bereid wees om opofferings vir die predikingswerk te maak (Mt 8:20; Mr 10:28-30). Soos ons in die video Sak en pak na Ecuador gesien het, is die seëninge wat ons in Jehovah se diens ontvang, baie groter as enige opofferings wat ons maak.

KYK DIE VIDEO EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter persoonlike opofferings het lede van die Williams-gesin gemaak om in Ecuador te gaan dien?

  • Watter faktore het hulle oorweeg toe hulle moes besluit waar om te gaan dien?

  • Watter seëninge het hulle ontvang?

  • Waar kan jy meer inligting kry as jy wil gaan dien waar meer verkondigers nodig is?

BESPREEK DIE VOLGENDE VRAE GEDURENDE JULLE VOLGENDE AAND VIR GESINSAANBIDDING:

  • Hoe kan ons as ’n gesin meer doen in die bediening? (km 8/11 4-6)

  • Hoe kan ons ons plaaslike gemeente help as ons nie kan gaan dien waar hulp nodig is nie? (w16.03 3-5)