Die Messias het profesieë vervul
Eeue voordat Jesus gebore is, het Jesaja voorspel dat die Messias sou preek “in die Jordaanstreek, Galilea van die nasies”. Jesus het hierdie profesie vervul toe hy deur Galilea gereis het. Gedurende hierdie reis het hy gepreek en die goeie nuus aan mense geleer.—Jes 9:1, 2.
-
Hy het sy eerste wonderwerk gedoen
—Joh 2:1-11 (Kana) -
Hy het sy apostels gekies
—Mr 3:13, 14 (naby Kapernaum) -
Hy het die Bergpredikasie gehou
—Mt 5:1–7:27 (naby Kapernaum) -
Hy het ’n weduwee se enigste seun opgewek
—Lu 7:11-17 (Nain) -
Hy het aan sowat 500 dissipels verskyn nadat hy opgewek is
—1Ko 15:6 (Galilea)