Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JESAJA 11-16

Die aarde sal vol wees van die kennis van Jehovah

Die aarde sal vol wees van die kennis van Jehovah

Hoe hierdie profesie op die Israeliete van toepassing was

  • Toe die Israeliete uit ballingskap in Babilon teruggekeer het, was dit nie vir hulle nodig om vir wilde diere of gewelddadige mense bang te wees nie—nie op die pad terug of in hulle herstelde land nie.—Esr 8:21, 22.

Hoe hierdie profesie op ons dag van toepassing is

  • Kennis van Jehovah verander mense se persoonlikhede. Mense wat voorheen gewelddadig was, het vreedsaam geword. Danksy kennis van God is daar ’n wêreldwye geestelike paradys.

Hoe hierdie profesie in die toekoms vervul sal word

  • Die hele aarde sal in ’n veilige, vreedsame paradys verander word, soos God dit oorspronklik wou hê. Geen skepsel, of dit nou ’n mens of ’n dier is, sal enige gevaar inhou nie.

Die kennis van God het Paulus verander

  • Toe hy ’n Fariseër was, het hy dierlike eienskappe geopenbaar.—1Ti 1:13

  • Akkurate kennis het sy persoonlikheid verander.—Kol 3:8-10