DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Verbeter jou vaardighede in die bediening —Bereik die hart met “Hou julle in God se liefde”
WAAROM DIT BELANGRIK IS: Mense moet leer wat Jehovah se standaarde is en hulle daarby aanpas sodat hulle hom kan aanbid op ’n manier wat hy goedkeur (Jes 2:3, 4). Die ‘God se liefde’-boek, ons tweede studiepublikasie, help Bybelstudente om te sien hoe goddelike beginsels met ons daaglikse lewe verband hou (Heb 5:14). Ons moet probeer om hulle hart te bereik wanneer ons hulle onderrig. Dan sal hulle veranderinge met die regte beweegredes maak.—Ro 6:17.
HOE OM DIT TE DOEN:
-
Berei goed voor en hou jou student se behoeftes in gedagte. Dink aan beskouingsvrae wat jou sal help om uit te vind wat hy dink en hoe hy oor die materiaal voel.—Spr 20:5; be 259
-
Gebruik die vensters in die boek om jou student te help om te sien hoe Bybelbeginsels hom kan help
-
Help jou student om oor gewetensake te redeneer, maar moenie besluite vir hom neem nie.—Ga 6:5
-
Stel vas of jou student hulp nodig het om sekere Bybelbeginsels toe te pas. Spoor hom liefdevol aan om veranderinge te maak wat op sy liefde vir Jehovah gegrond is.—Spr 27:11; Joh 14:31