LEWE EN BEDIENING-VERGADERINGWERKBOEK Januarie 2018
Voorgestelde gesprekke
Voorgestelde gesprekke oor die Bybel en of dit vandag nog prakties is.
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Die koninkryk van die hemele het naby gekom”
Johannes het ’n eenvoudige lewe gelei en was toegewy daaraan om God se wil te doen. Vandag kan ’n eenvoudige lewe ons help om meer in God se diens te doen.
SKATTE UIT GOD SE WOORD
Lesse uit Jesus se Bergpredikasie
Wat beteken dit om bewus te wees van jou geestelike behoefte? Ons moet gereeld geestelike voedsel inneem. Hoe kan ons ons roetine hiervoor verbeter?
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Maak eers vrede met jou broer — Hoe?
Wat het Jesus geleer oor die verband tussen vrede met ons broer en aanbidding wat vir God aanvaarbaar is?
SKATTE UIT GOD SE WOORD
Hou aan om eers die Koninkryk te soek
Daar is baie dinge waaroor ons kan bid. Maar waaroor moet ons eerste bid?
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hou op om julle te bekommer
Wat het Jesus bedoel toe hy in die Bergpredikasie vir sy dissipels gesê het om op te hou om angstig te wees?
SKATTE UIT GOD SE WOORD
Jesus was lief vir mense
Wanneer Jesus mense gesond gemaak het, het hy sy krag gewys. Maar wat nog belangriker was, is die groot liefde en medelye wat hy vir ander gewys het.
SKATTE UIT GOD SE WOORD
Jesus het verkwikking gebied
Wanneer ons gedoop word, aanvaar ons Jesus se juk van dissipelskap, en dit behels harde werk en groot verantwoordelikheid.