DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hou op om julle te bekommer
In die Bergpredikasie het Jesus gesê: “Hou op om julle te kwel oor julle siel” (Mt 6:25). Dit is net natuurlik dat onvolmaakte mense wat in Satan se wêreld lewe soms bekommerd sal raak, maar Jesus het sy volgelinge geleer om nie uitermatig angstig te wees nie (Ps 13:2). Hoekom? Omdat uitermatige angstigheid, selfs oor ons daaglikse behoeftes, ons aandag kan aftrek en dit vir ons moeiliker kan maak om die Koninkryk eerste te soek (Mt 6:33). Dit wat Jesus verder gesê het, sal ons help om ons nie onnodig te bekommer nie.
-
Mt 6:26 — Wat kan ons leer deur na die voëls te kyk? (w16.07 9-10 ¶11-13)
-
Mt 6:27 — Hoekom is dit ’n vermorsing van tyd en energie as ons ons uitermatig bekommer? (w05 11/1 22 ¶5)
-
Mt 6:28-30 — Watter les kan ons leer by die lelies van die veld? (w16.07 10-11 ¶15-16)
-
Mt 6:31, 32 — Hoe is Christene anders as die nasies? (w16.07 11 ¶17)
Waaroor wil ek ophou om my te bekommer?