Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | MATTEUS 8-9

Jesus was lief vir mense

Jesus was lief vir mense

Matteus hoofstuk 8 en 9 handel oor ’n deel van Jesus se bediening in die streek van Galilea. Wanneer Jesus mense gesond gemaak het, het hy sy krag gewys. Maar wat nog belangriker was, is die groot liefde en medelye wat hy vir ander gewys het.

  1. Jesus het ’n melaatse man gesond gemaak. — Mt 8:1-3

  2. Jesus het ’n leëroffisier se dienskneg gesond gemaak. — Mt 8:5-13

    Hy het Petrus se skoonma gesond gemaak. — Mt 8:14, 15

    Hy het demone uitgedryf en siek mense genees. — Mt 8:16, 17

  3. Jesus het demone uitgedryf wat buitengewoon wreedaardig was en hulle in ’n trop varke ingestuur. — Mt 8:28-32

  4. Jesus het ’n verlamde man gesond gemaak. — Mt 9:1-8

    Hy het ’n vrou genees wat aan sy bokleed geraak het, en hy het Jaïrus se dogtertjie opgewek. — Mt 9:18-26

    Hy het die blindes en die stommes gesond gemaak. — Mt 9:27-34

  5. Jesus het op ’n reis deur al die stede en dorpies gegaan en elke soort kwaal en elke soort gebrek genees. — Mt 9:35, 36

Hoe kan ek groter liefde en medelye aan diegene om my bewys?