Lesse uit Jesus se Bergpredikasie
Is jy bewus van jou geestelike behoefte?
Die woorde “dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte” beteken letterlik dié “wat bedelaars vir die gees is” (Mt 5:3, vtn. in NW). Ons kan wys dat ons graag geestelike hulp van God wil hê, as ons . . .
-
elke dag die Bybel lees
-
vir Christelike vergaderinge voorberei en dit bywoon
-
tyd inruim om ons publikasies en inligting op ons webwerf te lees
-
elke maand se program op JW Broadcasting kyk
Ons moet gereeld geestelike voedsel inneem. Hoe kan ek my roetine hiervoor verbeter?